Mej. Tiener 2017-finaliste is gereed
Mej. Tiener 2017-finaliste is gereed

Mej. Tiener 2017-finaliste is gereed

Octavia Tsibes
Met minder as 20 dae oor voor Mej. Tiener Namibië gekroon word, is die opwinding onder die 45 finaliste oor dié geleentheid aansteeklik. Die kroningseremonie sal op 13 Mei by die Nasionale Teater van Namibië in Windhoek plaasvind. “Daar is nie ’n tema nie, want ons wil dit soos die internasionale vertonings hou,” sê me. Natasha Rabe, organiseerder en administrateur van die kompetisie. Die wenner sal in Junie die land in Las Vegas, VSA, by die Mej. Tiener Kontinente-byeenkoms verteenwoordig. Foto Octavia Tsibes

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer