Mekaar se hoeders
Mekaar se hoeders

Mekaar se hoeders

Dani Booysen
Die gety van misdaad rol voort. In so ‘n mate dat die golf dreig om ons land te verswelg.

Die naweek het die Namibiese polisie statistiek op net twee fronte van die stryd gedeel.

Oor vier weke in Julie en Augustus is 57 gevalle van verkragting aangemeld. In 26, of 45,6% van die voorvalle was die slagoffers minderjariges of kinders. Ons weet baie sulke oortredings word glad nie gerapporteer nie. Die werklikheid is daarom veel meer duister.

Dit beteken twee verkragtings per dag, waarvan byna een ‘n misdaad teen ‘n kind is.

Oplossings sal veel meer verg as die polisie se versoek aan ouers en voogde om hul kinders beter op te pas. Vonnisse vir die misdade is reeds baie straf.

In 2017-’18 het gewapende rooftogte in Windhoek met 22% toegeneem, moord met 42% en inbrake by besighede met ‘n reusagtige 115%.

In die agt dae vanaf Vrydag 23 tot Vrydag 30 Augustus het minstens 20 mense in motorongelukke omgekom – byna drie lewens per dag!

Volgens die polisie word daar ook omtrent elke tweede dag ‘n vuurwapen gesteel. Die 56 gevalle wat binne vier maande aangemeld is (sowat 0,5 per dag0, is ietwat minder as die 245 voorvalle vir die vorige boekjaar (0,7 per dag).

‘n Beroep is op eienaars gedoen om wapens volgens wetlike voorskrifte te beveilig.

Baie meer van ons moet aktief ons broeders en susters se hoeders wees – in ons alledaagse wandel, in ons skole en gemeenskappe, by die werk, op die pad, oral – as ons die gety wil omkeer.

So sê ander

1 September 2019

The need for courage and unity to halt a no-deal Brexit

Parliamentary sovereignty is the fundamental tenet of Britain’s uncodified constitution. Parliament makes the laws of the land; it cannot be overruled by the prime minister or the courts.

Boris Johnson’s decision to prorogue parliament for five weeks at the moment of the most dangerous political crisis this country has witnessed in decades is outrageous. Shame on the cabinet ministers who, having previously condemned the prorogation of parliament, are standing by in the name of their careers.

Time is short, but MPs must do all in their power this week to pass a bill mandating the prime minister to ask for an article 50 extension, should no deal have been passed by 31 October.

If parliamentarians fail in this endeavour, then Jeremy Corbyn must bring a vote of no confidence in Johnson as soon as parliament returns in mid-October, which must be backed by every MP who believes that no deal would be catastrophic for the country.

The British constitution is being stress-tested like never before. No matter how much Johnson might wish it were not so, parliament remains sovereign – for now.

MPs can bring our recalcitrant prime minister to heel. But it will take more courage, unity and ingenuity than they have displayed to date. Whether they have what it takes will shape Britain’s future prosperity and place in the world for decades to come.

• THE OBSERVER

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!