Melania: R1,3 miljoen vir 6 uur in hotel
Melania: R1,3 miljoen vir 6 uur in hotel

Melania: R1,3 miljoen vir 6 uur in hotel

Melania Trump, die Amerikaanse presidentsvrou, het R1,3 miljoen geblaas op ’n kuiertjie by ’n luukse hotel in Kaïro, Egipte. En sy het nie eens ’n nag daar geslaap nie.

Volgens The Independent het Trump net ses uur deurgebring by die Semiramis Intercontinental-hotel.

Die hotel het 726 ontwerperskamers, ’n casino, ’n spa en ’n groot swembad. Die goedkoopste kamers kos so R1 700 per nag en die duurste suite R10 000.

Die presidentsvrou se hotelrekening was R1,3 miljoen, wat die koerant laat vermoed sy het sommer die hele hotel gehuur. Die prys is waarskynlik ook opgejaag deur die feit dat die hotel spesiale veiligheidsmaatreëls moes tref en ekstra personeel sou huur.

Sy was op ’n duur safari in Kenia op haar eerste besoek aan Afrika toe sy Egipte aangedoen het.

Toe pres. Donald Trump onlangs in ’n hotel in Skotland oorgebly het, het dit meer as R1,4 miljoen gekos, maar hy het darem twee aande daar geslaap en geëet.

Fox News berig egter Melania Trump is nog steeds ’n “goedkoper” presidentsvrou as die vorige een.

Michelle Obama was by verre die duurste presidentsvrou in die Amerikaanse geskiedenis, aldus Fox.

Sy het permanent 16 werkers by haar gehad, wat die regering $1,24 miljoen (meer as R14 miljoen) per jaar gekos het.

In vergelyking daarmee het Melania Trump slegs vier werkers wat $486,700 (sowat R6,7 miljoen) per jaar kos. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!