Melkkrisis buite beheer
Die situasie in die melkbedryf het sodanig versleg dat net ingryping van buite dit kan red.
Ellanie Smit – Met slegs 12 suiwelprodusente in die land oor, sal roumelkproduksie na verwating vanjaar tot net 16,7 miljoen liter daal, in vergelyking met die 21 miljoen liter wat in 2019 geproduseer is.
Tydens die Suiwelprodusentevereniging (SPV) se jaarvergadering onlangs in die hoofstad is die probleme wat dié bedryf tans ervaar, sowel as die moontlikhede om die bedryf te red, indringend bespreek.
Volgens die Namibiese Landbou-unie (NLU) bevind die suiwelbedryf hom reeds jare lank in ’n ernstige krisis. Die krisis het egter die afgelope maande sodanig verdiep dat die toekoms van die bedryf in die gedrang is.
Dít word onder andere veroorsaak deur goedkoop ingevoerde langlewemelk en ander suiwelprodukte, verhoogde voerkostes, die droogte wat die Hardapdam se vlakke so verlaag het dat besproeiing gekortwiek is asook die ekonomiese krisis in die land
Volgens die NLU het die vergadering saamgestem die krisis is buite beheer en dringende ingrypings op alle vlakke is nodig.
BAIE VERLAAT BEDRYF
“Suiwelprodusente verlaat die bedryf teen ’n kommerwekkende pas. In die verlede was daar 45 produsente wat roumelk kon lewer en nou het die vereniging net 12 produsente oor,” sê die NLU.
Verlore melkvolumes weens produsente wat die bedryf verlaat, sowel as produksievermindering weens omstandighede buite die produsente se beheer, is die oorsake van die melktekort wat tans beleef word, het die NLU gesê.
“Die moontlikheid dat dié bedryf heeltemal kan uitsterf, is nou ’n werklikheid.”
Volgens die NLU het roumelkproduksie in 2018 ongeveer 24 miljoen liter. Dié syfer het in 2019 na 21 miljoen gesak en na verwagting sal slegs 16,7 miljoen liter vanjaar geproduseer word.
Die aanvang van die Covid-19-pandemie in die land en die daaropvolgende sluiting van Namibia Breweries, het tot ’n aansienlike produksie-afname gelei. Dit is omdat brouersgraan, ’n neweproduk van die bierbrouproses, gebruik word as ’n primêre voedingsbron vir melkkoeie. Brouersgraan vir ’n paar weke lank glad nie beskikbaar nie.
LIG IN DIE TONNEL
Al die belanghebbendes wat die vergadering bygewoon het, is gretig om saam te werk en met strategieë vorendag te kom om die bedryf aan die gang te hou, het die NLU gesê.
Een van dié inisiatiewe is kostebesparingsmetodes vir voer. Me. Claudia Mack, 'n dierevoedingkundige van Feedmaster, gaan met produsente saamwerk om spesiale voerpakette te ontwikkel.
Dié pakkette het verskillende suiwelkonsentraatopsies, wat produsente die geleentheid bied om hul keuse van byprodukte by te voeg.
Die steun van die regering is ook belangrik vir die voortbestaan van die suiwelbedryf, sê die NLU. Dit moet geskied in die vorm van 'n melksubsidie om verhoogde voerkoste te dek. Verder moet stappe gedoen word om herbelegging aan te moedig sodat die plaaslike roumelkvolumes kan verhoog, het die unie gesê.
Die spoedige wetsontwerp oor die beheer- en invoer van suiwelprodukte, sowel as die opstelling en finalisering van regulasies, is ook noodsaaklik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie