Melkplaas steeds 'n wit olifant
Ondanks druk van nasionale leiers, het die Uvhungu Vhungu-melkplaas se opknapping wat reeds in 2013 begin het, nie verder as die tweede fase beweeg nie.
Kenya Kambowe op Rundu
Die opgradering van die Uvhungu Vhungu-melkplaas aan die buitewyke van Rundu is ná nege jaar steeds nie voltooi nie.
'n Onlangse besoek aan die melkplaas van 280 hektaar het onthul die regering se belegging van N$141 miljoen het nog geen vrugte afgewerp nie.
Afgesien van die suiwelprodukte wat die plaas sou voorsien, kon dit 'n aantal werksgeleenthede en ekonomiese voordele vir plaaslike inwoners ingehou het.
Sommige meen dit is 'n vergesogte droom omdat die land tans die Covid-pandemie beveg.
Nasionale leiers het in die verlede na die Kavango-Oosstreek gereis en die plaas besoek.
Hulle het tydens die besoeke op die voltooiing van die projek aangedring, maar niemand het gehoor aan die versoeke gegee nie.
Oudpresident Hifikepunye Pohamba het in 2014 die plaas besoek en die huidige visepresident Nangolo Mbumba in 2019.
New Era het in 2019 die wyle besturende direkteur van AgriBusDev, mnr. Petrus Uugwanga, aangehaal wat gesê het die plaas se operasies gaan uitverhuur word, maar twee jaar later is die projek steeds 'n wit olifant.
REDE VIR OPONTHOUD
Volgens die ministerie van landbou, water en grondhervorming se woordvoerder, mnr. Jona Musheko, is die konstruksie van die melkplaas in 2016 opgeskort weens onvoldoende fondse wat aan groenskemas bewillig is.
Die ministerie beplan glo om die projek deur 'n openbare-private-vennootskap te voltooi.
“Daar gebeur tans geen ontwikkelingsbedrywighede op die plaas nie, maar daar word beplan om die projek deur 'n openbare-private-vennootskapsinisiatief te voltooi deur private beleggers by die implementeringsproses te betrek,” het Musheko gesê.
AGTERGROND
Nampa het in 2014 berig die tweede fase van die opgradering van die melkplaas is goed op dreef.
Die heropbou van die melkplaas het in 2013 begin, 'n jaar nadat dit deur die ministerie van landbou, water en grondhervorming gesluit is, wat gelei het dat die verskaffing van vars en aangesuurde melk, botter en room aan hospitale en sommige skole in die Kavangostreke gestaak is.
Die sluiting het daartoe gelei dat die koeie wat op die plaas was na die Mashare Agricultural Development Institute (MADI), wat 50 kilometer oos van Rundu geleë is, verskuif is tydens die opgradering van die plaas.
Die plaas se 150 koeie was besig om te vrek weens swak bestuur en omdat die toerusting op die plaas, soos die melkstal en kraal, agteruitgegaan het.
Die derde fase van die projek behels die oprigting van 'n melkstal en 'n afdeling vir melkmasjiene.
Altesaam 176 werksgeleenthede is gedurende die eerste twee fases van die projek geskep.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie