Melkproduksie daal met 20%
Melkproduksie daal met 20%

Melkproduksie daal met 20%

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Hoewel melkproduksie in Namibië die ­afgelope jaar skerp gedaal het, kan die laaste twee maande se drastiese af­name aan die direkte impak van die Covid-19-pandemie toegeskryf word.

In April vanjaar het die volumes afgeneem tot 1 394 739 liter per maand vergeleke met 1 750 883 liter per maand wat dit in April 2019 was.

Dit verteenwoordig 'n daling van 20%, sê die Namibië Landbou-unie (NLU) in sy nuusbrief.

Teen hierdie agtergrond het die bestuur van die Suiwelprodusentevereniging (SPV) op 13 Mei vergader om die gevolge van die pandemie te bespreek en die vooruitsigte vir die suiwelbedryf onder oënskou te neem.

Een van die belangrikste bydraende faktore tot hierdie drastiese produksiedaling is die afwesigheid van brouersgraan. Dit is 'n neweproduk van die bierbrouproses wat melkboere by Namibia Breweries kry en wat 'n primêre voedingsbron vir hul melkkoeikudde is.

Aangesien die noodtoestandregulasies bepaal geen alkohol mag verkoop word nie, word bier nie gebrou nie en is daar nie brouersgraan beskikbaar nie.

Die positiewe vooruitsig is dat alle belanghebbendes in die bedryf gretig is om saam te werk en om maatreëls in te stel wat sal help om die bedryf te onderhou. Een so 'n inisiatief is om insetkostes te verlaag. Volgens die NLU ondersoek die veevoervervaardiger Feedmaster die moontlikheid om 'n konsentraat te skep wat vir produsente ruimte laat om hul eie keuse van byprodukte te gebruik en só voerkostes te sny. Die SPV se jaarlikse ledevergadering word beplan vir Dinsdag 14 Julie in Windhoek. Lede sal binnekort meer inligting hieroor ontvang, sê die NLU.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!