Mens en dier
Mens en dier

Mens en dier

Mandy Rittmann
DIRK VAN ZYL SKRYF:

Ons as mense moet heers, maar dit lyk of die diere die voorbeeld stel en die mense volg dit na. Ons dade sal getuig.

Diere is redeloos, soos die Skrifte ons leer. Ek dink die mense wat soos diere optree, moet verseker weet dat die Gees van God nie in hom of haar lewe nie. Dis nie my woorde nie.

God sê in Judas vers 10: "Maar hierdie mense belaster alles wat hulle nie ken nie, en alles wat hulle, soos die redelose diere, op natuurlike wyse verstaan, daardeur gaan hulle te gronde." Lees ook 2 Petrus 2-12.

Ons sê dit, ons sien dit, en weet wanneer iemand handel soos 'n dier. Ons sal maklik sê: “Jy's 'n vark. Jy gedra jou soos 'n buffel. Hy's 'n regte slang. Sy's katterig." Soms word vroue sommer 'n teef genoem. "Hy is 'n bees, en wil almal rondstoot.” Is dit nie die karakter van die diere wat openbaar word in ons optrede nie?



DUIWE EN MENSE

Die waaierstert, in Engels "Fantail", trippel rond en sy kop bly aanhoudend teen sy stert wat oopgesprei is, om aandag te trek.

Dis soos iemand wat net in die verlede leef, want sy gedagtes is net by dit wat agter is, en in die verlede gebeur het. Hy praat oor dinge wat hy gedoen het, wat hy besit het, hoe hy baklei het. Hoe hy presteer en gejag en gehengel het.

Selfs die herder van sy kerk is nie goed nie. Dié wat was, was leraars, maar hierdie van vandag beteken niks. Mens kan hulle nie vergelyk met die predikers wat vroeër bedien het nie. Alles in die hede is niks in sy oë nie.

Die kropduif ("Cropper"): Hierdie duif stoot sy krop uit, tot die maksimum, en voer ook so 'n getrippel uit. Sy kop is byna heel weggesteek agter die krop. Net die snawel steek uit. Dit lyk of sy lyf te klein is, en die bene te dun.

So is daar ook mense wat aanhoudend met hul uitgestote bors loop en soms op hul tone staan om ander te beïndruk. Hy wil gesien wees en almal moet dink hy is net die man. Hy is trots op homself en praat groot, maar in sy hart weet hy dat hy net voorgee.

Soos die duif se krop vol wind is, so is sy groot bors ook, want sy lewe is 'n gejaag na wind. Sy stories is afgesaag en fondamentloos. Hy is 'n windlawaai.

Die slagduif, bekend as die "Giant" of "Runt", kan nie goed vlieg nie. Die spesie word ook "Mondain" genoem).

Dis 'n groot duif, wat almal wil domineer. Hy maak staat op sy groot liggaamsbou as afskrikmiddel en die ander laat hom in vrede vreet.

Ons kry baie mense wat hierdie karaktertrekke openbaar. Hulle is bekend onder kinders, en volwassenes. Hulle is bekend daarvoor dat hulle die swakkes afknou. Hulle is die bullebakke; boelies.

Hulle is nie regtig so gevaarlik nie. Dis net die lyf wat vertoon en die bek is groot, soos die van Goliat.

Die pigmee, "Bondena" of "small beak pigeon" se bekkie is so klein dat die normale duiwe nie hulle kleintjies kan voer nie. Net die ouers kan die kleintjies versorg.

Daar is mense wat dieselfde leefwyse openbaar. Hulle versorg hulle kinders met raad en daad, en niemand mag iets in hierdie kinders se mond lê nie. Net wat die ouers sê, is reg. Hulle moet van niemand iets leer of met vreemdes praat nie.

Daar kom egter 'n tyd in elkeen se lewe dat hy/sy 'n ander se hulp benodig.

Hierdie kinders is wederstrewig, beterwetend en reken dat hulle alles weet. Niemand kan hulle iets leer nie.

Die ouers glo hulle alleen is reg en ken al die antwoorde, en hulle kinders is reg opgevoed.

Die tuimelaar ("Tumbler" of "Aerobats") vlieg hoog in die lug in en val dan terug na die aarde. Dit lyk of hulle van balans af is, aangerol kom, dan weer fladder tot hulle naby die grond is, en dan vlieg hulle weer reg.

Daar's ook mense wat hoër wil lewe as wat hulle kan. Dis soos groepsdruk. Hulle sien nie kans om laer as ander te wees nie. Daar word skuld aangegaan wat hulle nie kan betaal nie, net om te besit, of beter te besit as die mense wat in hulle oë welgesteld is.

Op 'n dag val hulle terug na waar hulle hoort, en kan dit nie verwerk nie. Dan is hulle in sak en as.

"Hoe hoër jy vlieg, hoe harder sal jy val."



RESIESDUIWE

Die resiesduif ("Homer") is rigtingvas, vasberade en hoog aangeskrewe oor die wêreld.

Die duiwe was gebruik in oorloë, vir die versending van boodskappe. Hul bloedmonsters is deur dokters na laboratoriums gestuur vir ontleding. Duiwesport beloop miljoene dollars en resiesduiwe is van die duurste duiwe op aarde. Baie mense is betrokke by die sport.

Hierdie duiwe is hokvas en sal nie maklik in 'n vreemde hok bly nie. Van hierdie duiwe was jare in 'n vreemde hok gehou, op 'n vreemde dorp, en vlieg dan terug na die dorp waar hulle opgegroei het.

So is daar ook mense wat hierdie kwaliteite openbaar. Mense wat standvastig, betroubaar en stabiel is. Mense na wie opgesien kan word, wie gerespekteer word, want hulle dwing respek af deur hulle leefwyse.

Watter dier, of duif, se karakter openbaar jy?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!