Mensah-Williams bedank as Swapo-LP
Mensah-Williams bedank as Swapo-LP

Mensah-Williams bedank as Swapo-LP

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Wandelgang-praatjies dat die 58-jarige me. Margaret Mensah-Williams Namibië se volgende ambassadeur in die VSA gaan word, is gister versterk deur die aankondiging dat sy Maandag as Swapo-parlementariër bedank het.

Mnr. David Nahogandja, woordvoerder van die Nasionale Vergadering, het haar bedanking gister in 'n verklaring bekend gemaak.

Hy het gesê me. Helaria Mukapuli van Lüderitz is deur hoofregter Peter Shivute in haar plek as lid van die Nasionale Vergadering ingehuldig.

Die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking het in September bekend gemaak 22 diplomate gaan deur die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, herroep word.

Dit is normale prosedure nadat 'n verteenwoordiger se termyn van vier jaar by 'n sending in die buiteland verstryk het.

In mediaberigte kort daarna is bespiegel dat sy binnekort haar tasse vir 'n verhuising na Washington in die VSA sal kan pak.

Mensah-Williams het verlede jaar as voorsitter van die Nasionale Raad bedank om vir Swapo in die nasionale verkiesing te kon staan.

Sy kon nie gister vir kommentaar bereik word nie.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!