Mense klouter oor tifoon-puin om te gaan werk
Mense klouter oor tifoon-puin om te gaan werk

Mense klouter oor tifoon-puin om te gaan werk

Die werketiek van mense in Hongkong en in China, wat deur die tifoon Mangkhoet getref is, maak wêreldwyd opslae.

Foto’s wys hoe mense glo ’n dag nadat ’n tifoon verwoesting gesaai het met hul rugsakke en handsakke oor en onderdeur puin klouter om by die werk te kom.

Die nuusdiens South China Morning Post het ’n video met soortgelyke tonele gedeel wat wys hoe mense op pad werk toe onder bome deur klouter wat in die storm omgeval het.

Die tifoon het die stad Sondagmiddag getref nadat dit reeds ’n spoor van verwoesting deur die Filippynse eilande en Hongkong gelaat het.

Die South China Morning Post het ’n brief deur ’n leser geplaas wat net so verbaas was dat die meeste werkers in Hongkong die dag ná die erge storm vir werk moes aanmeld, selfs al was die openbare vervoerstelsel nie ten volle in werking nie.

Bome het die roetes vir busse, motors en treine versper.

Daar was geen lewensverlies in Hongkong nie, maar 54 mense is dood toe die storm die Filippynse eilande getref het. Daar was ook geen lewensverlies in China nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!