Mense met maskers
Die gemaskerde sopbeen . . .
Die bynaam dop laasweek in my kop uit. Was dit ‘n mede-inwoner van Huis Visser op die Bos? Dalk een van die rooikop-Schreibers, van Malmesbury?
Saam met die (en baie ander) koshuisbroeders sal Dapperrerige Daniëltjie nie binnekort kan gaan kuier nie. Bladskud nog minder. Steeds ‘n toonklop of elmboogpomp eendag by ‘n reünie? Maar op veilige afstand sal daar darem seker ‘n gouekoue in die hand wees.
Vandag is dag 62 sedert Covid-19 op Namibiese bodem bevestig is.
Het ek regtig só lank terug iemand met die hand gegroet? ‘n Mens leer vinnig nuwe gewoontes aan? En hoe vinnig leer ons dit weer af?
Die hordes stappers en drawwers lyk klaar baie minder.
Gemaskerde sopbeen. Dis omtrent hoe ek verlede Dinsdag in ‘n klein winkeltjie saam met twee ander klante gevoel het. Die uwe die enigste met ‘n masker op. Al was ons baie ver van mekaar.
Met die kassiere, veilig agter ‘n glasruit, skerts ons almal gaan bakore kry as die gedoente lank genoeg duur. (Wetie of sulke operasies goedkoper of duurder sal raak nie.)
“Oupagroot, hoekom is jou ore so groot?”
“Boetie, dit was innie jaar van onse Vader 2020 . . .”
Namibiërs dra steeds baie sporadies masker.
Annerdagmôre weer kyk die poeliesmanne verkeer daar naby die Tura se hospitaal. Sekere lyne is kwansuis steeds gekruis of jy in eie tjor gemom moet wees.
Wou aftrek en vra waar al die gekonfiskeerde dop is. In Nampol se kantiene of op die swart mark? Die poelieste deel seker nie met die army as ‘n brigadier-generaal skelm op grootmaat moet koop nie.
Die k’rant se vraag waarheen die dalende misdaadstatistiek verdwyn het, sou seker ook op dowe ore val. En aanklagkantoor toe oor diefstal gaan te veel tyd uit my 80% salaris tap.
Onse goewerment seg ook eers Vrydagmiddag algar moet Dinsdag gemasker wees. En rep nie ‘n woord alles wat soos ‘n bier lyk of ruik is nou verban nie.
Danksy ons werkgewer kry ons dadelik almal sulke sysagte, vlootblou nommertjies met swart rekke.
‘n Paar dameskollegas word dapper gevra of mens jou naam in rooi daarop kan borduur. “Dani se pantie.” Anders hoe weet ek dis myne? En die naampie sal ook maskerdiewe afskrik.
Minstens kon besighede vir die veelkleurige vale begin naai, ná die stik. En almal hoop daar slaan nie weer ‘n vrot tenderklank uit nie.
“Mense met maskers,” het Herman Holtzhausen op Trans-Karoo gesing. Oor hoe mens immer vermomming vir elke situasie en elke plek vind. En hoe die een met die hef in elke hand die spel beheer.
Die een wat sê wag vir jou N$750, jou besigheid moet maar self opsnork, g’n verligting of lening vir jou nie.
Ná Covid-19 sal ons onvermydelik die maskers moet lig. En minder blind vir selfs dodeliker siektes en krisisse, (meer?) werkloosheid, (groter?) ongelykheid, (groter?) armoede, behuisingsnood, geslagsgeweld en ander gruwels moet wees.
“Huise van glas,” het Holtzhausen ôk gesing.
In winkelsentrums sien mens hope style: pantieloos, ommieken, onderieken, oppiekop, onderieneus, modemanie en baie meer. Ook blinddoek, à la Sy Eksellense Cyril Ramaphosa.
Ook ek het my aangesig al vir die wêreld verberg. En was toe al geoefen hoe om in dié nommertjie te verklee.
Is dit weens asemnood dat sommige mense meer ongeskik is? En rowwer bestuur as vóór hoktyd.
Dapper moes ook maar skelm asem skep waar hy kon.
Onthou nog toentertyd se gemaskerde fotostories? Die Swart Luiperd (sy bek was nie dig toe nie). Ystervuis. Arend van die Oerwoud. Tanya die Vegter. En dalk soms Suster Elsie van Saal 10.
Daantjie maak maar net of hy ‘n brawe grensvegter is. Is mos die werk van humor, satire en sarkasme.
As jy tien en talle meer, honderde meter of selfs verder van ander weg is, hoef jy nie die brein aan hipoksie bloot te stel nie?
Alle broekies in die wasmasjien. Alle panties op die draad.
Ons is dankbaar vir ons regering se vroeë inspring, maar ‘n stewige dosis redelikheid en realisme is ook nodig.
Maandagmiddag op pad huiswaarts praat die reënboog wat in die wolke oor die Auasberge in toring my moed in.
Maar simbole gaan nie potte goud vir ‘n aan flarde ekonomie optower nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie