Mense, musiek en aksie gaan skou máák
Die Grootfontein Skou vind vanjaar van 17 tot 19 September plaas.
Die Campbells gaan Donderdagaand vir vermaak sorg, terwyl daar vir die boere en entoesiaste die Vriesperdkampioenskappe, ander stoetvertoners en ? slagoskompetisie is om na uit te sien.
? Fotokompetisie met die tema “Nat, Natter, Namibië” gaan aspirantfotograwe na hul kameras laat gryp en kinders gaan die geleentheid kry om hul kunsvaardigheid deeglik ten toon te stel. Vir elke graad is daar ? ander uitdaging: Dié in die preprimêre fase moet ? waterskilpad uit ? papierbord optower, en die graadeens ? vissie. Gr. 2s moet ? padda teken, gr. 3s ? naaldekoker, gr. 4s wasgoed op ? lyn, gr. 5s ? waterlelie, gr. 6e ? waterval en gr. 7s ? windpomp in die natuur.
Cisko se mallemeule gaan sorg dat hulle van ekstra energie ontslae kan raak.
Kanaal 7 sal ? buite-uitsending van die skougronde af doen en daar sal stalletjies te kus en te keur wees - binne en buite.
Die tradisionele skou-optog, ook volgens die tema, maar met subtema “Aan die einde van die reënboog is daar ? goudpot, wat is joune?” beloof ? fees vir die oog.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie