Mense u2018sal toustaanu2019 vir Haley se pos, su00ea Trump
Mense u2018sal toustaanu2019 vir Haley se pos, su00ea Trump

Mense ‘sal toustaan’ vir Haley se pos, sê Trump

Die president het gesê dat hy haar opvolger binne die volgende twee tot drie weke sal aankondig en haar sal raadpleeg oor die posisie.
Daar is baie mense wat vir Nikki Haley se pos as Amerika se ambassadeur by die Verenigde Nasies (VN) sal toustaan.

Dit is aldus pres. Donald Trump wat Dinsdag, ná Haley se aankondiging dat sy uit haar pos bedank, met die media in die Withuis gepraat het.

Luidens CNN het Trump Haley geprys vir haar tyd as ambassadeur, en aangevoer dat verskeie mense haar plek sal wil inneem.

“Ons het ’n klomp mense wat baie daarin belangstel om dit te doen. Dit is ’n uitstekende posisie en sy (Haley) het gesorg dat dit glansryk geraak het,” het Trump volgens CNN gesê.

Die president het verder gesê dat hy haar opvolger binne die volgende twee tot drie weke sal aankondig en haar sal raadpleeg oor die posisie.

Die BBC berig dat Haley, voormalige goewerneur van Suid-Carolina, nog tot die einde van die jaar haar pos sal beklee, maar dat sy nie veel van haar planne vir daarna verklap het nie.

“Dit was ’n woeste agt jaar en ek is iemand wat glo in die perke op termyne in die staatsdiens. Ek weet nie wat volgende op my wag of waarheen ek gaan nie,” het sy gesê.

STEEDS STEUN

Volgens haar sal sy Trump steeds in die toekoms steun.

Luidens The Guardian is dit nog nie duidelik wie Haley kan opvolg nie. Bespiegeling dat Ivanka Trump, die president se dogter, die pos sou oorneem, het vinnig gestop nadat sy getwiet het dat sy nie die volgende ambassadeur by die VN sal wees nie.

“Dit is ’n eer om in die Withuis saam met soveel uitsonderlike kollegas te dien, en ek weet die president sal ’n formidabele kandidaat as opvolger vir ambassadeur Haley kies. Daardie opvolger sal nie ek wees nie,” het sy Dinsdag getwiet.

The Guardian berig dat Trump op pad na ’n byeenkoms in Nebraska aan joernaliste verklap het dat daar ’n kortlys van vyf opvolgers vir Haley is.

Hy het slegs die naam van Dina Powell, sy voormalige adjunk- nasionale veiligheidsadviseur, genoem.

“Dina sal mal wees daaroor,” het hy gesê, berig The Guardian. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!