Mense vas oor dwelms, renosterhorings
Elise Tempelhoff - Drie mense is op die Internasionale Lughawe OR Tambo weens dwelmsmokkelary in hegtenis geneem. Twee is werknemers by die lughawe. In nog ’n geval is ’n 30-jarige Zimbabwiese vrou Donderdag ook op die lughawe in hegtenis geneem omdat sy na bewering met renosterhorings na Hongkong op pad was.
Brig. Vishnu Naidoo, polisiewoordvoerder, het Sondagoggend gesê twee van die drie mense wat weens beweerde dwelmhandel vasgetrek is, is ’n 37-jarige man en ’n 27-jarige vrou, wat albei by die lughawe werk.
Die polisie het Saterdag omstreeks 11:00 by die ingang na die lughawe mense se bagasie deursoek en na bewering sowat 18,3 kg kokaïene by die man en vrou gekry. Die swartmarkwaarde word op R5,2 miljoen geraam.
Doeanepersoneel en die polisie het later die dag ’n gesamentlike klopjag uitgevoer en ’n 43-jarige man by die ingang na die Switserse lugdiens vir die beweerde besit van effedrien in hegtenis geneem. Die effedrien was versteek in motoroliefilters wat in houers verpak was. Die effedrien is in ses sakke uitgegooi wat na die polisie se laboratorium geneem is om geweeg te word.
Al drie verdagtes sal binnekort in die landdroshof in Kempton Park verskyn.
Die Valke, die Groen Skerpioene en doeanebeamptes het Jacqueline Similo Nkomo (30) twee dae tevore ook op die lughawe in hegtenis geneem vir die beweerde besit van renosterhorings.
Haar bagasie het verdag voorgekom en veiligheidspersoneel het dit oopgemaak. Die renosterhorings was tussen elektroniese toerusting in haar reistas versteek.
Die Groen Skerpioene is gevra om die inhoud van haar tas te identifiseer. In haar bagasie was twee renosterhorings.
Sy het Saterdagmiddag in die landdroshof in Kempton Park vir die oortreding van die wetgewing oor bedreigde spesies verskyn. Sy sal weer op 16 Augustus in die hof verskyn.
Albi Modise, woordvoerder van die departement van omgewingsake, het Saterdag gesê Edna Molewa, minister van omgewingsake, het die wetstoepassers van OR Tambo met Nkomo se inhegtenisneming gelukgewens.
Twee weke gelede is ’n 34-jarige Chinese vrou ook op OR Tambo met renosterhorings vasgestrek. Sy was vanaf Zambië via OR Tambo op pad na Hongkong. Elf renosterhorings is in haar bagasie gekry.
Forensiese ontledings sal gedoen word om vas te stel waar die renosters gestroop is, en of ’n sindikaat betrokke is.
Naidoo het gesê hierdie suksesvolle inhegtenisnemings vorm deel van ’n geïntegreerde strategie deur verskeie rolspelers binne en rondom OR Tambo. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie