Mensehandel oorskadu uitbuiting van werkers
Moderne slawerny behels 'n kombinasie van sielkundige misbruik, dreigemente, manipulasie, intimidasie en soms fisieke mishandeling.
Jana-Mari Smith
Wêreldwyd groei die bewustheid van mensehandel.
Regerings, aktiviste en diensverskaffers veg vir die voorkoming, beskerming van en diensverskaffing aan slagoffers, maar steeds oorskadu hierdie bewustheid die meer diepgewortelde uitbuiting van werkers.
“Mense weet wat mensehandel is, maar het geen idee wat die uitbuiting van werkers behels nie,” het 'n senior prokureur van die Koalisie om Slawerny en Handel af te skaf (CAST) in Los Angeles, Amerika, onlangs aan joernaliste gesê.
Diensverskaffers wat met slagoffers van mensehandel te doen kry, het gesê die fokus op mense- en sekshandel ondermyn die stryd teen arbeidsmisbruike en uitbuiting. Dit vereis dat werknemers se regte, immigrasiewette en ander kwessies aangespreek word.
Navorsing het getoon dwangarbeid, wat kinders insluit, is algemeen in Namibië.
Hoe lyk dit?
Me. Kate Langston, 'n spesiale agent van die kantoor van die Verenigde State se diplomatieke sekuriteitsdiens in Houston, Texas, het gewaarsku mites bestaan oor hoe hierdie soort handel lyk.
Dit word deur die media ondersteun wat gehawende vroulike slagoffers in kettings uitbeeld en staan in die pad daarvan om slagoffers uit te ken en te red.
“Ons kan mense opvoed en bewus maak, maar daar is steeds 'n wanopvatting oor wat mensehandel is. As jy na al die plakkate kyk, sien jy boeie en aangerande vroue.
“Ja, sommige word wel aangerand, maar moderne slawerny gaan oor 'n herbruikbare artikel. Mens sien dus nie altyd 'n slagoffer in boeie nie, want hoe kan hulle byvoorbeeld kinders oppas as hulle vasgeboei is?” het Langston gesê.
Sy het verduidelik smokkelaars verseker dat hul slagoffers in 'n mate versorg word sodat hulle hul pligte kan nakom en nie maklik geïdentifiseer kan word nie.
Moderne slawerny behels 'n kombinasie van sielkundige misbruik, dreigemente, manipulasie, intimidasie en soms fisieke mishandeling.
Groot getalle
Na raming betrek mensehandel wêreldwyd minstens 25 miljoen mense, kinders ingesluit.
Hiervan was 'n beraamde 16 miljoen mense in 2016 onderworpe aan dwangarbeid in die private ekonomiese sektor, en 'n beraamde 51% is weens persoonlike skuld tot arbeid gedwing.
'n Geskatte 4,1 miljoen mense was in 2016 onderworpe aan staatopgelegde dwangarbeid.
In vergelyking hiermee was 'n geraamde 3,8 miljoen volwassenes en 1 miljoen kinders in 2016 die slagoffers van seksuele uitbuiting.
Volgens die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO) genereer dwangarbeid minstens US$50 miljard se onwettige winste per jaar.
Volgens die ILO se verslag, getiteld Wins en Armoede: Die Ekonomie van Dwangarbeid, was twee derdes van die beraamde US$150 miljard (US$99 miljard), vanweë kommersiële seksuele uitbuiting, terwyl nog US$51 miljard vanweë ekonomiese uitbuiting was.
Volgens ILO-beramings word ongeveer US$34 miljard gegenereer deur dwangarbeid in die konstruksie-, vervaardigings-, mynbou- en nywerheidsbedrywe.
'n Verdere US$9 miljard word deur die landboubedryf gegenereer, wat die bosbou- en visbedryf insluit.
Daar word beraam dat privaat huishoudings jaarliks 'n geskatte US$8 miljard spaar deur gedwonge huishoudelike werk deur huishoudelike werkers glad nie te betaal nie of dies wat in dwangarbeid werksaam te min te betaal.
Waar kom dit voor?
Wêreldwyd word slagoffers van handel en uitbuiting in die boubedryf, restaurante, die landboubedryf, visserye, die kommersiële seksbedryf, ontkleeklubs, huishoudings, deur-tot-deurverkope, karnavalle, masseersalonne, die vervaardigingsbedryf en baie ander bedrywe gevind.
Kampvegters en diensverskaffers sê hulle het al slagoffers van uitbuiting in verpleeginrigtings teëgekom, of op straat waar mense gedwing word om onwettige produkte te verkoop. Die uitbuiting van werkers bestaan selfs in sport en op baie ander gebiede waarvan die publiek nie bewus is nie.
Die Verenigde State se diplomatieke sekuriteitsdiens het in Desember 2016 'n man van Texas in hegtenis geneem wie se maatskappy werkers van Mexiko af na die Verenigde State gebring het met wettige werksvisums.
Hy het hulle gedwing om jare lank in haglike toestande te werk voor hy in hegtenis geneem is.
Slagoffers het aan die polisie gesê hulle is met deportasie en nie-betaling gedreig as hulle nie stilbly nie.
Daar word beraam die man het die werkers meer as US$3 miljoen in agterstallige lone ten tyde van sy inhegtenisname geskuld.
Gevalle waar diplomate hul huishoudelike personeel misbruik, wat by hul werkgewers in nuwe lande aansluit, neem wêreldwyd toe, sê kenners.
Wêreldwye probleem
In September 2017 het die Freedom Network USA met kommer op die jongste verslag oor mensehandel in die Verenigde State gereageer.
Freedom Network USA is 'n koalisie van 51 nieregeringsorganisasies wat dienste lewer aan mense wat mensehandel in die Verenigde State oorleef het.
“Daar is steeds geen georganiseerde poging om die uitbuiting van werkers te identifiseer en aan te spreek nie. Regeringsagentskappe beskik steeds nie oor genoeg kennis of die vermoë om sinvol te kan uitreik nie, of om opleiding en ondersoek moontlik te maak nie.”
Verder bekommer dit kampvegters dat net 'n fraksie van die mensehandelsake in die Verenigde State se federale strafregstelsel die uitbuiting van werkers behels, in vergelyking met sekshandelsake wat die meerderheid behels.
Dít ondanks die feit dat regsdiensverskaffers wat mensehandelkwessies hanteer, voortdurend laat blyk die meeste van hul sake behels die uitbuiting van werkers.
Dié probleem is egter nie eie aan die Verenigde State nie, sê kenners.
internasionale en Nasionale stappe
Verlede jaar het Namibië die 21ste land geword om die instrument van die 2014-Protokol van die Dwangarbeidkonvensie van 1930 te onderteken en homself onderhewig te maak aan die bepalings van die dokument.
Die protokol, wat in 2014 by die Internasionale Arbeidsorganisasie se konferensie deur die meerderheid aanvaar is, versterk die internasionale wetsraamwerk vir die bestryding van alle vorme van dwangarbeid en versoek state om maatreëls te skep om dwangarbeid te voorkom, slagoffers te beskerm en om toegang tot vergoeding te verseker.
Die ILO het verklaar dat die beëindiging van hedendaagse slawerny reaksie op verskeie vlakke sal verg, maar 'n belangrike stap is om sterker maatskaplike beskerming te implementeer en af te dwing sodat die faktore wat mense vir moderne slawerny kwesbaar maak, uitgewis kan word.
Dit sluit in sterker arbeidsregte in die informele ekonomie waar moderne slawerny floreer.
Verder moet regerings op die versameling van data oor alle vorme van mensehandel fokus sodat beleide opgestel kan word om mensehandel te bekamp.
Verlede jaar se mensehandelverslag het Namibië bestempel as 'n bron van en bestemming vir dwangarbeid en sekshandel in kinders, en in 'n mindere mate vroue.
Sommige slagoffers van dwangarbeid in Namibië word gelok deur aanbiedinge van wettige werk teen goeie lone, maar word dan aan dwangarbeid in stedelike gebiede en op kommersiële plase onderwerp.
Kritici het opgemerk Namibië beskik nie oor genoeg data en betroubare inligting oor die omstandighede rondom mensehandel nie, en die regering se reaksie op die saak is soms nie voldoende nie.
Namibië se diepgewortelde maatskaplike probleme, insluitend armoede, werkloosheid, behuising, ongelykheid tussen geslagte, diskriminasie teen minderhede en ander kwessies, maak uitbuiting moontlik, het kenners gesê.
*Jana-Mari Smith van Namibian Sun het die Verenigde State op uitnodiging van die Amerikaanse Departement van die Staat se Buitelandse Mediasentrum besoek.
Sy het saam met 19 ander verslaggewers van dwarsoor die wêreld deelgeneem aan 'n internasionale program om bewustheid van mensehandel te skep.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie