Menseregte en plaaslike owerhede

Hoewel menseregte hoofsaaklik die verantwoordelikheid van die sentrale regering is, het plaaslike en streekowerhede ook ’n plig om dié regte te beskerm.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die plaaslike en streekregering vertolk ’n belangrike rol wat die bevordering en beskerming van menseregte betref.

Só sê mnr. Panduleni Nghipandulwa, programmebestuurder by die Namibiese Instituut vir Demokrasie (NID).

Hy het die afgelope week by navraag gesê: “Die funksie van ’n plaaslike owerheid is om basiese dienste te lewer, soos behuising, water, elektrisiteit, sanitasie, openbare vervoer, ensovoorts.”

Die rol van die streekraad, daarenteen, is om opvoedkundige en gesondheidsdienste te verbeter en te verskaf, sê hy.

Dié liggame is ook gemoeid met werkskepping en die ontwikkeling van die streek, sê Nghipandulwa.

“Die dienste wat streekrade en plaaslike owerhede lewer, spreek die basiese behoeftes van inwoners aan, en daarom speel hulle ’n belangrike rol wat die verwesenliking van menseregte op ’n plaaslike en streekvlak betref.”

Nghipandulwa sê ofskoon die beskerming van menseregte primêr die verantwoordelikheid van die sentrale regering is, sal die bevordering van menseregte op plaaslike en streekvlak beduidend bydra tot die vestiging van ’n welvarende samelewing.

Mnr. Graham Hopwood, die uitvoerende direkteur van die Instituut van Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), gee vir Nghipandulwa gelyk.

Hy sê: “Sub-nasionale owerhede het ’n baie belangrike rol om te speel om te verseker basiese dienslewering, onder andere water, sanitasie, vullisverwydering, stedelike grond en behuising, vervoer, toegang tot nooddienste, en toegang tot markte, bereik die mense. Indien dit doeltreffend gelewer word, kan dié dienste beduidend bydra tot die lewensgehalte van plaaslike inwoners.”

Dr. Panduleni Itula, die leier van die Independent Patriots for Change (IPC), het dié week gesê plaaslike en streekowerhede lê ’n eed af om die Grondwet en alle landswette te gehoorsaam, te respekteer en te beskerm.

Derhalwe, sê hy, het dié leiers ’n verantwoordelikheid om toe te sien alle grondwetlike regte en vryhede – veral dié in hoofstuk 3 – word beskerm.

Itula sê al hul voornemende raadslede is verplig om hulle van hul posbeskrywings kragtens wetgewing te vergewis en dit dienooreenkomstig te verstaan.

“Dit is kritiek belangrik sodat ons leiers hul pligte kan respekteer ten opsigte van die behoud en bevordering van menseregte.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!