Menseregtedag: Dink wyer as jou eie regte
Die Amerikaanse ambassade in Namibië se saakgelastigde, me. Jess Long, sê mense moet vandag nie net aan hul eie regte dink nie maar veral ook die van ander.
“Ons moet nooit menseregte as vanselfsprekend aanvaar nie,” lui die ambassade se boodskap vir Menseregtedag en Vrouedag. “Elk dag, van sagte vertroeteling tot gevaarlike stryd, moet ons wat in menseregte glo optree om dit te beskerm” – individue en regerings, benadruk Long.
Disrespek teenoor ander is volgens Long een van die grootste ongelykhede. Sy sonder korrupsie uit as ‘n vyand van ontwikkeling en geregtigheid.
Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het op 10 Desember 1949 die Universele Deklarasie van Menseregte aanvaar.
Op dieselfde dag in 1959 het 11 mense gesterf tydens verset teen hul gedwonge verskuiwing deur inwoners van Windhoek se “Ou Lokasie”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie