Menslike oorskot uit Namibiu00eb in VSA-museum
Menslike oorskot uit Namibiu00eb in VSA-museum

Menslike oorskot uit Namibië in VSA-museum

Die beendere van Namibiërs van die laat 1800’s en vroeë 1900’s is in ’n museum in New York gevind.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Nama- en Ovahereroleiers betrokke by die reuse-eis teen Duitsland sal wanneer dié saak binnekort in Amerika hervat, besoek aflê by ’n museum waar oorskot van Namibiese volksmoordslagoffers ontdek is.

Adv. Vekuii Rukoro, opperhoof van die Herero, hoofman David Frederick, voorsitter van die Vereniging vir Tradisionele Nama-owerhede, en die Vereniging vir die Ovaherero-volksmoord eis in die federale hof in New York skadevergoeding van Duitsland. Hulle het die federale hof ook versoek dat hulle as verteenwoordigers in die onderhandelinge tussen Duitsland en Namibië ingesluit word.

Hul Amerikaanse regsverteenwoordiger, Kenneth McCallion, sê in ’n verklaring die Amerikaanse Museum vir Natuurgeskiedenis in New York is in besit van die oorskot van agt mense afkomstig uit Namibië.

“Dit blyk van die oorskot kan verbind word met die Duitse volksmoord op die Ovaherero- en Nama-mense van Namibië tydens die Duitse besetting van 1885 tot 1915 van die destydse Suidwes-Afrika.”

Volgens die Britse dagblad The Guardian wou die museum nie hierop kommentaar lewer nie.

McCallion sê die oorskot is oorspronklik deur die Duitse antropoloog en etnoloog prof. Felix von Luschan vir die Museum van Etnologie in Berlin, Duitsland, versamel.

Hy het oor jare ’n groot versameling van duisende monsters opgebou: Van dit vir die Berlynse museum en die res vir sy persoonlike versameling.

Beide versamelings het kopbene en skelette van Namibiërs bevat wat gedurende die Duitse era na Duitsland verskeep is.

Volgens dr. Holger Stoecker, ’n geskiedkundige by die Humboldt Universiteit in Berlyn met kennis van die versameling, het Von Luschan se weduwee dit ná sy dood in 1024 aan die Amerikaanse Museum vir Natuurgeskiedenis verkoop.

Felix Warburg, ’n Duitse bankier in New York, het glo geld geskenk om die versameling van Berlyn na New York te verskuif.

McCallion sê die ontdekking van die oorskot van Namibiërs in dié museum, toon die volksmoord het steeds nagevolge selfs in New York en die VSA waar baie nasate van die oorlewendes van die volksmoord hulle gevestig het.

Rukoro, Frederick en ander verteenwoordigers van die Nama en Ovaherero in Namibië sal op 13 Oktober, wanneer die eissaak weer voor regter Laura Taylor Swain hervat, ’n besoek aan die museum bring om die oorskot te besigtig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!