Merke, gereed, inspireer!
As jy nie vanaand en môreaand planne het nie, klim in jou kar en sorg dat jy by die skougronde uitkom. As jy dit nié doen nie, is dit net jou skuld as jy iets besonders misloop.
Vanjaar se Inspirasie Tafels is goed op dreef. Hierdie leefstyl-ekspo is ’n moet vir almal.
Of jy nou op soek is na iets waarmee jy die toilet kan versier, kussings vir die spaarkamer of ’n vetkoek met ’n twist, dan is Inspirasie Tafels vir jou.
Met byna 5 400 vierkante meter van inspirasie wat op jou wag, is dit veilig om te sê daar is regtig iets vir elke ekspo-ganger.
Een van die doelwitte wat ekspo-organiseerders wou bereik, is om eg Namibiese produkte by die ekspo ten toon te stel.
Uitstallers bestaan hoofsaaklik uit plaaslike produsente, kunstenaars en allerlei persoonlikhede.
“Dis vir ons belangrik dat die fokus op plaaslike talent is. Namibiërs hoef nie vir ’n oomblik in Suid-Afrikaanse of ander ingevoerde produkte se skadu te staan nie,” het een van die stigters gesê.
Vanjaar se tema is “Tangerine Tango”. Die doel daarvan is om weer hoop, energie en sprankel in die alledaagse te blaas. “Tangerine” word ook met verandering, stimulasie, plesier en vryheid verbind.
Die vermaak by Inspirasie Tafels is natuurlik ’n groot trekpleister. Hoogtepunte op vanjaar se program is Siba Mtogana, Simone Mustgrave, Claire Bond, Martjie Malan, Wicus van Deventer, Pierre Osborn, Good Luck, John Rock Prophet, The Ells, George Longane, Big Ben, Vaughn Ahrens, Miss H en Ben Dey and the Concrete Lions.
Inspirasie Tafels is ’n baanbreker wat dié soort ekspo betref.
Kaartjies is by webtickets.com.na beskikbaar. Besoek Inspirasie Tafels se Facebook-blad vir ’n volledige program.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie