Merkel prys Macron se verkiesingsege
Frankryk se nuwe president se jong politieke party het tradisionele hoofstroom partye die loef afgesteek in die eerste ronde parlementêre verkiesings.
Die Duitse kanselier, Angela Merkel, het die verkiesingsoorwinning van die party van Frankryk se pres. Emmanuel Macron in die eerste ronde parlementêre verkiesings as 'n “sterk stem vir hervormings” geloof.
'n Senior Duitse amptenaar het hierop aangedui dat Berlyn samewerking met Frankryk wil versterk.
Frankryk is Duitsland se tweede grootste handelsvennoot. Sterk ondersteuning vir die pro-Europese, gematigde hervormer, Macron, het die hoop laat opvlam dat Berlyn en Parys 'n breëbasis- ekonomiese herlewing in Europa kan lei en druk uitoefen vir meer integrasie in die eurosone.
Skattings ná die eerste verkiesingsronde Sondag dui daarop dat Macron se jong politieke party Frankryk se tradisionele hoofpartye 'n loesing kan toedien en 'n groot meerderheid sal behaal om pro-sakehervormings deur te voer.
“Kanselier Merkel: My opregte gelukwensings aan @EmmanuelMacron vir die groot welslae wat sy party in die eerste verkiesingsronde behaal het. Sterk stem vir hervorming,” het die Duitse regering getwiet.
Merkel en Macron het verlede maand ooreengekom om 'n padkaart vir versterkte EU-integrasie op te stel en het aangedui dat die ekonomiese blok van sy handveste kan verander om meer ambisieuse hervormings te fasiliteer.
Die ministers van finansies van albei lande, Wolfgang Schaeuble en Bruno Le Maire, het reeds 'n gesamentlike werkgroep saamgestel wat in Julie voorstelle vir 'n versterking van integrasie in die eurosone aan die hand sal doen.
Duitsland se adjunkminister van finansies, Jens Spahn, het die hoop uitgespreek dat Macron in staat sal wees om spoedig hervormings te implementeer wat Frankryk se ekonomie 'n hupstoot kan gee. -Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie