Merkel se party en SPD stry oor immigrasie
Angela Merkel, Duitse bondskanselier, se Christen-Demokratiese Unie (CDU) en die Sosiaal-Demokratiese Party (SPD) het gister in ’n woordestryd gewikkel geraak oor immigrasie en belastingvermindering.
Dit te midde van toenemende vrae oor of die SPD en die CDU sal kan ooreenkom om hul “grootkoalisie” wat Duitsland die afgelope vier jaar regeer het in stand sal kan hou.
Merkel, wat onder druk is nadat sy drie maande gelede nie ná die nasionale verkiesing ’n regering saamgestel het nie, hoop om ’n vierde ampstermyn te verseker deur die links-sentralistiese SPD te oorreed ondanks haar erge verliese in die September-verkiesing.
Partyleiers sal vandag vir voorlopige gesprekke vergader voordat hulle volgende week verkennende gesprekke sal hou. Thorsten Schäfer-Gümbel, onderleier van die SPD, sê onlangse opmerkings deur sommige konserwatiewes is “teenproduktief vir enige vorm van regeringsamestelling” en dat dit bedenkinge laat posvat het oor die konserwatiewes se bereidwilligheid tot gesamentlike regering.
Hy het gesê ’n nuwe koalisie is ver van ’n uitgemaakte saak en dit is onduidelik of die gesprekke voldoende vertroue kan skep. “ ’n Minderheidsregering bly ’n opsie, selfs al wil Merkel dit nie erken nie,” het Schäfer-Gümbel gesê in ’n onderhoud wat gister in die koerant Passauer Neue Presse gepubliseer is. Schäfer-Gümbel het na verskille met die konserwatiewes oor ’n wye reeks kwessies verwys en voorstelle deur sommige van die konserwatiewes om die belasting van hoë-inkomsteverdieners te verminder as “absurd” afgemaak.
Konserwatiewe en die SPD het ook geskille oor gesondheidsorg, immigrasie, Europa, werkregulasies en pensioene.
Die SPD wou aanvanklik in die opposisiebanke bly, maar het ingestem om ter wille van politieke stabiliteit die moontlikheid van gesamentlike regering met die konserwatiewes te oorweeg nadat Merkel se koalisiegesprekke met twee kleiner partye verbrokkel het. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie