Merkel wen vierde termyn

Angela Merkel is Sondag tot ’n vierde termyn as Duitse kanselier verkies, maar dit is dalk nie die oorwinning waarop sy gehoop het nie.
Twee jaar nadat kanselier Angela Merkel Duitsland se grense oopgestel het vir meer as ’n miljoen migrante het die party Alternatief vir Duitsland (AfD) die eerste verregse party in meer as 50 jaar geword om ’n plek in die parlement te verkry, berig Reuters.

Merkel se konserwatiewe party het die swakste sedert 1949 gevaar. Sy dring egter daarop aan dat sy ’n mandaat het om te regeer, hoewel sy nou gedwing sal word om ’n koalisie te vorm.

“Natuurlik het ons op ’n beter uitslag gehoop,” het Merkel gesê nadat haar party 32,9% van die stemme ontvang het, in vergelyking met 41,5% in die laaste verkiesing in 2013.

Merkel se grootste teenstander, die Sosiaal-Demokratiese Party (SPD), het 20% van die stemme gekry met ’n geraamde 138 setels in die parlement, berig The Guardian.

Martin Schulz, leier van die SPD, het aangekondig dat dié party nie sy koalisie met Merkel se Christen-Demokratiese Unie (CDU) sal hernu nie, maar eerder ’n opposisieparty gaan word.

Volgens die uitsaaier Deutsche Welle beteken die uitslae dat die CDU Duitsland se grootste party sal bly, maar dat dit steeds ’n groot verlies vir die konserwatiewes is.

’n Drieledige koalisie sal waarskynlik die oplossing wees om ’n minderheidsregering te vermy, maar dit beteken dat Merkel ’n baie onstabiele administrasie gaan hê in vergelyking met haar drie vorige termyne.

Sy sê dat daar ’n paar “moeilike weke vir die CDU voorlê”, en het beloof om die stemme terug te wen wat hulle aan die AfD afgestaan het.

Volgens Merkel is sy vol vertroue dat Duitsland voor Kersfees ’n nuwe regering sal hê. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!