Mes, boorgat en brand eis lewens
Me. Johanna Indongo (27) se kêrel het haar Vrydag om 19:37 glo met ’n mes doodgesteek.
Die voorval het in die Oshamba-nedersetting in Oniipa plaasgevind.
Dit is nie duidelik wat aanleiding tot die aanval gegee het nie. Die man is later in hegtenis geneem en die polisieondersoek duur voort.
Saterdag om 09:00 het die 18-jarige me. Angula Nghiitumu glo in ’n boorgat versmoor.
Die voorval het in die Omuthiya-omgewing plaasgevind toe hy, sy susters en bure die boorgat glo opnuut uitgegrawe het. Die polisie het Nghiitumu se liggaam uit die boorgat gehaal en die ondersoek duur voort.
Mukena Andreas (3) het Saterdag in Divundu saam met sy vriende in ’n rivier gaan swem toe hy na wat verneem word verdrink het. Sy lykie is uit die rivier gehaal en die polisieondersoek duur voort.
In die Ndama-nedersetting by Rundu het ’n sinkhuis afgebrand.
Me. Helena Katanga (36) het doodgebrand en haar seun het ernstigste brandwonde opgedoen.
Hy is in die Rundu-staatshospitaal opgeneem.
Die voorval het Saterdag om 01:00 plaasgevind.
Vrydag om 10:30 het twee mense op die hoofpad tussen Ondangwa en Omuthiya in ’n trompop botsing gesterf.
Die bestuurder van ’n NamPost-voertuig, mnr. Matia Uulumbu (37), was op pad van Omuthiya af toe hy glo teen die aankomende bakkie gebots het.
Hy het met sy aankoms by die Onandjokwe-hospitaal gesterf.
Uulumbu was alleen in die voertuig. Die bestuurder van die bakkie is ernstig beseer en sy passasier, mnr. Thomas Mbaile (43), het ook met sy aankoms by dieselfde hospitaal gesterf.
Me. Johanna Thomas (57) het op die hoofpad tussen Omafo en Okalongo naby die Olyavahenge-nedersetting gesterf toe sy deur ’n bakkie getref is.
Die voorval het Saterdag om 20:45 plasgevind en die bestuurder van die bakkie was glo ’n 40-jarige Chinese burger. Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie