Mesmoorde in stad sowel as Noorde
Mesmoorde in stad sowel as Noorde

Mesmoorde in stad sowel as Noorde

Misdaad
Augetto Graig
Die Namibiese polisie het vanmiddag lig gewerp op vier moordgevalle wat die naweek gebeur het.
Volgens hoofinspekteur Kauna Shikwambi, hoof van Nampol se openbare skakelafdeling, het ’n 37-jarige Namibiese vrou haar 45-jarige kêrel Saterdag omstreeks 14:30 op Outjo met ’n okapi-mes in die bors gesteek. Hy het aan dié wonde beswyk.
Dit word beweer die paartjie het gestry en hy het haar grond toe geklap. Toe sy opstaan, het sy glo die mes gryp en hom doodgesteek. Sy is in hegtenis geneem en die oorledene se familie is in kennis gestel, terwyl die polisie-ondersoek voortduur.
• Dieselfde aand omstreeks 20:00 in Freedom Square, Katutura, het ’n 47-jarige man sy jonger broer (27) glo met ’n mes in die bors doodgesteek.
Volgens Shikwambi word beweer die twee het oor ’n baadjie gestry, wat die jonger broer sonder toestemming geneem het. Hy is by die Katutura staatshospitaal oorlede en die verdagte is in hegtenis geneem. Die familie is in kennis gestel en die polisie ondersoek steeds die saak.
• Saterdagoggend om 01:00 op Katima Mulilo is ’n 28-jarige Namibiese man by Suncity Bar in die Cowboy-woonbuurt gedurende ’n geveg met ’n skroewedraaier teen die linkeroor doodgesteek.
Niemand is nog in die verband in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.
• Beswaarlik ’n uur later, tussen 02:00 en 03:00 by die Chezban Bar op Otjiwarongo, is ’n 20-jarige Namibiese man met ’n onbekende voorwerp doodgesteek. Die polisie ondersoek die saak, waarin niemand nog in hegtenis geneem is nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!