Messi gryp sy sesde Ballon d’Or-toekening
Sokker
Lionel Messi is Maandagaand in Parys met ’n rekord sesde Ballon d’Or-prys vereer om sokker se mees gesogte individuele prys voor die neus van Liverpool se Virgil van Dijk en Cristiano Ronaldo van Juventus weg te raap.
Die Argentyn, wat die La Liga-titel saam met sy klubspan, Barcelona, gewen het, maar met ’n derde plek in die Copa America-toernooi saam met sy land tevrede moes wees, het die Ballon d’Or ook in 2009, 2010, 2011, 2012 en 2015 verower.
Messi het sy gevoel getwiet.
“Ek is baie bevoorreg en geseënd. Ek hoop ek kan nog vir ’n lang tyd so aanhou. Dit gaan taai wees, maar ek het nog ’n klompie jare wat ek kan meeding. Die tyd vlieg, so ek sal sokker en my gesin geniet,” sê die 32-jarige doelvraat.
Messi en Ronaldo, wenner van vyf Ballon d’Or-pryse, het die prys tussen hulle tien jaar agtereenvolgens gewen voordat Luka Modric van Kroasië in 2018 geseëvier het.
Megan Rapinoe is met die Ballon d’Or vir vroue vereer nadat sy die VSA vroeër vanjaar in Frankryk na ’n rekord sesde Wêreldbekertitel gelei het.
Die 34-jarige middelveldspeler was afwesig by die seremonie in die Theatre du Chatelet, maar het haar toespraak in ’n videoboodskap opgeneem.
“Ek is so hartseer dat ek nie vanaand daar kan wees nie. Dit is absoluut ongelooflik en geluk aan die ander benoemdes. Ek kan nie glo ek het hierdie afdeling gewen nie; dit was ’n merkwaardige jaar,” sê sy.
Die Nederlander Matthijs de Ligt het die prys vir die beste o.21-speler verower en Alisson, een van vier Liverpool-spelers in die topsewe vir die Ballon d’Or, is met die Yashin-trofee as die beste doelwagter van die jaar vereer.
Daar was egter geen trofees vir vrouespelers in bogenoemde afdelings nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie