Messtekery 'n groot probleem op Otjiwarongo
B1-hoofweg nou veiliger
Catherine Sasman – Misdaad op Otjiwarongo het oor die jare “drasties” afgeneem te danke aan verhoogde sigbaarheid van die polisie op die dorp se strate en die gemeenskap se toenemende betrokkenheid.
Só sê die polisiewoordvoerder van die Otjozondjupastreek, sers. Maureen Mbeha.
Die polisie se misdaadvoorkomingseenheid wat 24-uur die strate van die dorp patrolleer, word oor naweke deur die Otjiwarongo-buurtwag en Gemeenskap Teen Misdaad bygestaan.
“Die gemeenskapsgroepe is oral,” het Mbeha aan Noorderlig gesê.
Sy sê om die lede van Gemeenskap Teen Misdaad meer sigbaar te maak, het Cenored in Februarie uniforms bestaande uit rooi oorpakke, rooi pette en swart T-hemde geskenk. Dié uniforms moet egter nie met die uniform van ’n politieke party verwar word nie, skerts Mbeha.
Misdaad bly steeds ’n groot probleem, het sy bygevoeg.
Vanaf 1 Januarie tot 18 Maart was messtekery die grootste misdaad op die dorp. In dié tydperk is 19 messteek-voorvalle aangemeld waarin drie mense hul lewens verloor het. Sestien mense is vir wonde behandel. In dieselfde tyd is ongeveer 30 messe by verdagte persone op die dorp se strate gekonfiskeer.
“Mense sê hulle dra messe vir noodweer. Maar ek weet nie van gevalle waar mense hulself met hul messe kan verdedig nie,” het Mbeha gesê.
Sy sê die grootste bydraende faktor tot die wild en wakker messtekery is die misbruik van drank.
“Wanneer mense teen die einde van die maand geld het, tree hulle soos diere op,” sê Mbeha.
Steeds, sê sy, het messtekery met soveel as 50% gedaal, en voeg sy by dat misdaad op dorpe soos Okahandja, Grootfontein en Outjo ook afgeneem het.
Daar is ook ander suksesse in die handhawing van reg en orde, voeg sy by.
Veediefstal en huisbrake het afgeneem en die meeste verdagtes is borgtog geweier.
Verkeerspersoneel op die B1-hoofweg tussen die Otjozondjupa-dorpe waar mense voorheen “soos vlieë gesterf het”, is verskerp met méér spoedlokvalle en padblokkades, en hier het die ongeluksyfer drasties verminder.
Tussen Otjiwarongo en Otavi is twee spoedkameras op lang, geel pale gemonteer wat die verkeer heelwat “kalmeer”.
“Ons kom agter mense se gedrag op die paaie het baie verbeter,” het Mbeha gesê.
Vanaf 1 Januarie tot 18 Maart is slegs 14 gevalle van roekelose en nalatige bestuur in die Otjiwarongo-omgewing aangemeld.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie