Met alle respek aan vegetariërs. . .
Yandi du Plessis – Hiermee wil ek niemand slegsê, uithaal of (aspris) omkrap nie. Almal is geregtig op hul eie keuses en ek voel dit help in elk geval nie om jou sienings op ander te probeer afdwing nie.
Ek het ’n gesonde eetlus. Almal wat my goed ken sal dit kan beaam. As ek egter een kossoort móét eet vir die res van my lewe, sal dit vleis wees. Jip, ek wil nou die tyd neem om myself te verklaar as ’n trotse vleiseter. Oor die algemeen verstaan ek nie hoe mense hulself doelbewus van een van die basiese vreugdes in die lewe ontneem nie. Boerewors, tjops en sosaties op ’n Saterdagaand. Geurige skaapboud op ’n Sondagmiddag. Spek saam met jou ontbyt. Droëwors vir padkos of biltong terwyl jy sit en TV kyk. As ’n selferkende karnivoor verstaan ek doodeenvoudig nie hoe sommige mense nié in dié lekkerte wil deel nie. Miskien is dit maar net hoe ek grootgemaak is. Toe ek gebore is, was my ouers nog jonk en arm en kon hulle nie juis luukshede soos weggooidoeke of Purity bekostig nie. ’n Boervrou maak mos egter ’n plan en my ma het vir my kookkos soos vleis, wortels en aartappels in ’n blender gesit. Nóú gril ek as ek aan die pappery dink, maar ek vermoed dis waar alles begin het.
Toe ek vaste kos begin eet het, was my ma glo bekommerd oor ek nie vrugte wou eet nie. My pa se teorie was dat ek net vleis en melk nodig gehad het. My ma redeneer toe dat Daniël en sy vriende in die Bybel op hulle gesondste was toe hulle net groente geëet het en water gedrink het. “Dit moes ’n ware wonderwerk gewees het,” was my beginselvaste pa se reaksie. Ek het glo tande gekry met ’n stuk biltong om pap te kou (weereens, jig). My punt is, ek is doodseker jou grootwordjare het baie met hierdie keuse te doen. Sommige mense volg ’n vegetariese leefstyl om gesondheidsredes. Ander gril vir die idee om ’n dooie dier te eet. Ek het gelukkig geen gewetenswroegings daaroor nie.
Ons huis is een van dié waar ’n ete sonder vleis nie as ’n maaltyd beskou word nie. As moeder die middag net brood op die tafel sit, sit en kyk die res van die gesin vir haar met groot oë tot die salami uit die vrieskas gehaal en vinnig ontdooi word. Ek moet bysê, op Kamanjab sal ’n vegetariër soos ’n seer duim uitstaan. . .
Die Namibiese studente wat propvol koelhouers oor die grens piekel, was vir ons Suid-Afrikaanse eweknieë ’n groot bron van vermaak, en my destydse kamermaat het mooi verstaan sy kan enigiets in my yskas eet, behalwe my kosbare gemsbokvleis waaraan sy nie mag raak nie. Een dag van my alreeds-kort vakansies is byna heeltemal gewy aan vleiswerk, waarna pakkies en pakkies steaks, schnitzels en wors noukeurig in ’n koelboks gepak is. Jy het omtrent ’n graad in ingenieurswese nodig gehad om alles mooi te laat pas. As jy die een aand op die pad iewers moes oorslaap, het jy maar net gebid dit bly oornag gevries, want uitpak kón jy nie.
Ek het dus tot die gevolgtrekking gekom dat ek niks hieraan kan doen nie. So aan my toekomstige man: Ek hoop jy of jou pa besit ’n plaas, anders gaan ons permanent bankrot wees. . .

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie