met liefde vir babas Gebrei
met liefde vir babas Gebrei

met liefde vir babas Gebrei

Mariana Balt
Me. Ria Burger (regs), ’n 80-jarige inwoner van Mariental, wend reeds jare lank haar vlytige hande ten bate van pasiënte in die staatshospitaal op die dorp aan. Sy en ’n groepie vriendinne woeker met hul breipenne om truie te brei vir die babas wat in die hospitaal gebore word. Hier is sy saam met mede-breier, me. Dali Bornmann. Die aanvanklike doel van die skenking was om truie te brei vir babas wat met MIV geïnfekteer was, maar die projek het gou uitgebrei om voorsiening te maak vir elke baba wat behoefte daaraan het. Danksy die vroue in dié breiklub, kan alle babas nou in die koue winter warm bly. Burger het verlede jaar ook ’n hele aantal truie aan die kraaminrigting van die hospitaal geskenk. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-02-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 20° | 35° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 23° | 34° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 21° | 35° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 19° | 37° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 19° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 20° | 35° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 18° | 35° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 16° | 30° Ariamsvlei: 19° | 34° Oranjemund: 15° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 23° | 36° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 19° | 35° Antananarivo: 18° | 29° Lilongwe: 18° | 28° Maputo: 24° | 36° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 19° | 24° Durban: 23° | 30° Johannesburg: 21° | 32° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 28° Harare: 17° | 29° #REF! #REF!