Met ’n koekie seep
Vroeër vanjaar het ek bietjie gaan vakansie hou by die see. In die middae het ons op die strand gaan stap, maar ná die eerste dag het ons besef ons moet maar ‘n vullissak saambring.
Ná die eerste kilometer het ons ‘n winkelsak vol gemors opgetel. Ons sou meer optel, maar die sak was vol. En dan besef jy skielik die plastiekprobleem is nie in Amerika, Indonesië of China nie. Die probleem is hier, hier op ons voorstoep. Afrika is nie meer 50 jaar agter die res van die wêreld nie. Om die waarheid te sê, ons dra by tot die probleem.
Volgens statistiek is daar vir elke mens op aarde sowat 1,07 ton plastiek. Daarvan beland ’n groot deel in die oseaan. Ja, een vullislorrie vol gemors ’n minuut. Elke minuut van elke liewe dag. Nie net word daar elke jaar sowat 300 miljoen ton meer plastiek geproduseer nie, maar daar word jaarliks nog 8 miljoen ton in die see gestort. Volgens Ocean Conservancy voorspel wetenskaplikes dat daar teen 2050 meer plastiek as visse in die see sal wees.
En ons kort nie ’n hand vol mense wat 100% herwin en soveel gemors moontlik uitsny nie. Ons kort almal se hulp om net hul deel te doen. Ons hoef nie môre perfek te wees nie. Ons moet net nee dankie sê vir ’n strooitjie, ’n botteltjie water en ’n plastieksak by die winkel. Vir diegene wat dit ’n stappie verder wil vat, het daar onlangs ’n geen vermorsing-winkel in Windhoek oopgemaak. Daar kan jy meeste van jou kruideniersware koop (en die presiese hoeveelheid wat jy benodig) en jy kan jou eie glasbottel saamvat om vol te maak.
Lapdoeke het ook weer hul verskyning op die mark gemaak, en hoewel ek nie glo ek gaan eiehandig die wêreld vmet my koekie seep en my lapdoeke verander nie, doen ek my deel.
Want ‘n weggooidoek op ‘n vullishoop kan tot 450 jaar daar lê. En as ek my seuntjie se agt doeke ‘n dag oor sowat twee en ’n halwe jaar moet optel, gaan daar sowat 7 280 doeke op die vullishoop opeindig. En dit van net een seuntjie. Dan praat ons nie eers van die kostes van ‘n weggooidoek nie.
Die idee is nie om van plastiek ontslae te raak nie. Plastiek speel ’n reuserol in ons samelewing en is beslis nie iets waarsonder ons kan klaarkom nie – veral nie wanneer dit by die vermindering van kosafval kom nie.
Volgens die Verenigte Nasies se omgewingsprogram word sowat ’n derde (1,3 miljard ton) van alle kos wat geproduseer word, vermors. Op die American Chemistry-webtuiste word aangedui meer kos sonder verpakking word uitgegooi as kositems wat wel verpak is. Dit kan grotendeels in vrugte en groente gesien word.
Met verpakking kan kos langer vars bly. ’n Komkommer gaan 11 dae langer varser wees, teenoor 21 dae vir piesangs en 26 dae vir beesvleis. Die Amerikaanse ekonomie verloor meer as US$200 miljard as gevolg van kos wat vrot voor dit gebruik kan word.
Die vraag wat jy jouself moet afvra, is eenvoudig: Doen ek my deel?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie