Meteoorreu00ebn bereik sy piek
Meteoorreu00ebn bereik sy piek

Meteoorreën bereik sy piek

Dié sterrereën word deur die 3 200 Phaethon-asteroïed veroorsaak, wat stukkies agterlaat soos dit om die son wentel.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Namibiërs kan uitsien na die Geminides-meteoorreën wat vanaand sy piek bereik.

Sowat 100 verskietende sterre sal per uur gesien kan word – mits jy op 'n donker plek, weg van dorpsligte, daarna kyk.

Hierdie word as een van die beste jaarlikse meteoor­reëns beskou omdat individuele meteore helder vertoon en vinnig verskiet.

Vanjaar sal na verwagting meer as een meteoor per minuut gesien kan word.

Dié meteoorreën kry sy naam van Gemini, oftewel die Tweeling-sterrebeeld, omdat dit lyk of die “verskietende sterre” almal van daar af kom.



WAAR OM TE KYK

Dienooreenkomstig sal dit tydens die sterrereën se piektyd lyk of die meteore van die helder ster Castor, in Gemini, af kom.

Tog sal verskietende sterre oraloor die naghemel te sien wees en behoort Geminides se meteore langer sterte as ander sterrereëns te hê.

In die suidelike halfrond lê Gemini regs onder Orion in die noordwestelike naghemel.

Kenners meen hierdie sal waar­skynlik die beste meteorreën vir 2018 wees.

Dit help dat dit tans sekelmaan is, wat beteken die lig van hierdie hemelliggaam behoort nie die sigbaarheid van die sterrereën te beïnvloed nie.

Die sterrereën sal nog tot 17 Desember gesien kan word, hoewel die aantal verskietende sterre per uur algaande minder sal raak.

'n Klip of rots in die ruimte, wat na verwagting met die aarde se atmosfeer gaan bots, word 'n meteoriet genoem.

Wanneer dit die aarde se atmosfeer binnedring, is dit 'n meteoor en as dit op die grond val, word daarna as 'n meteoriet verwys.

Geen Geminides-meteore behoort die aarde te tref nie, omdat dit meestal uitbrand voor dit die aardkors bereik.



ASTEROÏEDE

Space.com skryf hierdie sterrereën word deur die asteroïede 3 200 Phaethon veroorsaak, wat moontlik in die verlede met 'n ander voorwerp in die ruimte gebots het.



Volgens Nasa Meteor Watch laat dié asteroïede nou 'n “reusestroom” bestaande uit deeltjies, stof en puin in die aarde se wentelbaan agter.

Die aarde bots met hierdie deeltjies, wat die sterrereën veroorsaak.

Die Geminides meteoorreën is bykans 200 jaar oud.

Dit is die eerste keer in 1833 van 'n boot op die Mississippi-rivier af waargeneem.

Toe kon net sowat 10 tot 20 meteore per uur gesien word.

Wetenskaplikes glo dié sterrereën raak al beter omdat Jupiter se swaartekrag die stroom deeltjies van 3200 Phaethon af oor die eeue heen al nader aan die aarde laat beweeg.

Dienooreenkomstig kan daar tans tot 120 meteore per uur gesien word.

Na verwagting sal Jupiter se swaartekrag in die toekoms die asteroïede se deeltjies só ver wegskuif dat dit later nie meer in die aarde se wentelbaan sal beland nie. Dit sal die einde van die Geminides-meteoorreën beteken. Asteroïede 3200 Phaethon wentel elke 1,4 jaar om die aarde en kom soms naby aan die aarde, maar nie só naby dat dit as 'n bedreiging beskou kan word nie.

Dit beweeg ook naby aan die son, binne Mercurius se wentelbaan, verby. - Bronne: www.vercalendario.info, www.space.com

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!