Meterlesings 'n uitdaging'
Windhoekers kla steen en been oor buitensporige waterrekeninge, maar die munisipaliteit voer aan hul taak is soms moeilik.
Maria Eiseb
Inwoners van die hoofstad is ontevrede oor buitensporige waterrekeninge wat hulle maandeliks moet betaal weens foutiewe of geskatte meterlesings.
Me. Fransiska Hishipili, 'n hoofstad-inwoner, sê sy en ander Windhoekers kla gereeld vergeefs by die munisipaliteit.
“As mens probleme aanmeld, kom hulle net met die mond, maar daag nooit op nie,” sê sy.
Volgens me. Adelheid Louw, 'n Katutura-inwoner, word slegs een eenheid se lesing by woonstelblokke geneem en die res word “geraai”.
“Ons betaal rekeninge wat geraai word, en dit is baie hoë rekeninge. Hoe kry hulle dit reg?” wou sy weet.
Sy het beaam daar kom dadels van klagtes by die munisipaliteit.
Volgens me. Amalia Kisting betree meterlesers nie meer eiendomme nie omdat hulle vir honde bang is, “maar waar kry hulle dan die lesings wat hulle ingee?”.
Kisting dring daarop aan dat meterlesers wat bang vir honde is inwoners kan vra om meters self te lees.
Me. Lydia Amutenya, woordvoerder van Windhoek se munisipaliteit, sê hulle ontvang daagliks klagtes oor geskatte meterslesings.
“Sedert inwoners self hul meters lees, het die klagtes effens verminder,” sê sy.
Sy het bevestig meterlesers ondervind heelwat uitdagings, soos dat hulle soms deur honde aangeval word, en sommige meters is toe onder sand of bourommel.
Volgens Amutenya weier inwoners meterlesers soms toegang en sommige lesers word selfs aangerand, sê sy.
“Ons het onlangs 'n geval gehad waar ons meterlesers aan diens aangeval is. Ons wil dit duidelik stel ons laat geen vorm van geweld teenoor ons werknemers of enigiemand anders toe nie.
“Geweld is nie 'n oplossing vir enigiets nie, en as daar probleme is wat die stad se aandag benodig, moet ons daarvan ingelig word.”
Voorts het sy inwoners versoek om hul meterlesings deur middel van 'n SMS aan die munisipaliteit te stuur, maar om te onthou die stad is steeds verantwoordelik daarvoor om te verseker die lesings weerspieël die werklike lesing.
“Ons doen dus van tyd tot tyd meterlesingouditering,” sê sy.
Volgens Amutenya word lesings nie uit die duim gesuig nie, maar is dit op kliënte se verbruikspatrone gebaseer.
Sy het voorts gewaarsku wanneer werklike lesings ontvang word, word dit nagegaan om te verseker dit stem met kliënte se rekeninge ooreen.
Amutenya sê inwoners moet seker maak hulle verskaf hul lesings tussen die 20ste tot 30ste van elke maand aan die munisipaliteit.
Indien dit nie gedoen word nie, sal lesings geskat word “en dit is natuurlik wat ons probeer vermy”, het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie