Meubels vlieg op Swart Vrydag
Kleinhandelverkope het in November voordeel geput uit Swart Vrydag se promosies, maar die skerp groei van die vorige jaar is nie herhaal nie, veral nie deur klere- en kruidenierswinkels nie.
Die jongste kleinhandelverkope wat deur Statistieke Suid-Afrika uitgereik is, toon verkope het met ’n betreklik sterk 3,1% op ’n jaargrondslag in November gestyg.
Dit is beter as verwag, sê Kevin Lings, ekonoom van Stanlib. “Dit is nie fantasties nie, maar dit is ook nie resessie-toestande nie.”
Dit was die sterkste styging in agt maande nadat die voorafgaande maande se kleinhandelverkope baie bedees gestyg het op ’n jaargrondslag.
Maar vergeleke met November 2017 se jaargroei van 8,1% was verlede jaar se Swart Vrydag nie so suksesvol vir kleinhandelaars nie.
Dit lyk ook of die groei in kleinhandelverkope vir die hele jaar swakker gaan wees as 2017 se groei van 3,1%. Teen einde November het groei vir 2018 op 2,6% gestaan.
GROEISYFERS
Al die groeisyfers is in reële terme, met ander woorde met die uitwerking van inflasie ingereken.
Die sterkste groei in November was in die verkope van meubels en huishoudelike toerusting (13,5%). Dit is laer as die groei van 14,1% in November 2017.
Die verkope van algemene handelaars – die grootste verkopers algeheel – het met 3,7% gestyg. Dit is baie laer as die 6% van November 2017.
Klerewinkelgroepe – die tweede grootste verkopers algeheel – se verkope het met 4,2% gegroei. Dit is ook heelwat stadiger as 2017 November se 12,4%.
Lings het gesê dit kan wees dat Swart Vrydag meer gedemp was as die vorige jaar, maar dat die stadiger groei ook daaraan toegeskryf kan word dat verkope op die dag voorheen van ’n laer basis gegroei het.
Swart Vrydag het eers in 2012 in Suid-Afrika begin en elke jaar neem meer winkels deel. Woolworths het verlede jaar die eerste keer deelgeneem. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie