Meuwesen maak skoonskip
Jannie Meuwesen is Saterdag opnuut as die kampioen tydens die 14de Nasionale Namibiese Boogskietkampioenskap gekroon.
Tielman van Lill
Jannie Meuwesen het die afgelope naweek in Windhoek tydens die 14de Nasionale Namibiese Boogskietkampioenskap beide titels ingepalm.
Hy het Saterdag die buitenshuise-titel met 697 punte uit 720 opgeraap en dit Sondag met 148 uit 150 vir die binnenshuise-titel opgevolg.
Meuwesen het gesê: Ek het vir ’n ruk met my tegniek geëksperimenteer om my boogskiet te verbeter. Sekere goed het gewerk en ander nie, maar ek het baie uit die proses geleer.
“Ek het Saterdag met 697 punte goud opgeraap. Die wind het sake bemoeilik, en ons moes hard vir elke punt werk. Ek is nietemin tevrede met die uitslag.
“Sondag was ek bietjie stadig uit die blokke met die binnenshuise-kampioenskap, maar het met 292 uit 300 geëindig in die kwalifiserende rondes wat ’n nuwe Namibiese rekord is. In die finaal het ek 148 uit 150 vir die goue medalje behaal.
“Ek is tevrede met my vertoning. Ek het vordering gemaak en lesse geleer. Volgende jaar sal ’n besige tyd met die boog wees en ek sien uit na die uitdaging.
“Baie dankie aan almal se ondersteuning in 2021. Baie dankie aan Ilana Malan, Hermias Rossouw en almal wat die kampioenskap ’n sukses gemaak het.”
Met beide kampioenskappe het Louan Groenewald die tweede plek behaal en Hermias Rossouw derde. Dit is die tweede agtereenvolgende keer wat Meuwesen beide nasionale titels wen en die derde agtereenvolgende jaar wat hy die buitenshuise-titel opraap. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie