Mexikane kap eer vir Trump se skoonseun
Mexikane kap eer vir Trump se skoonseun

Mexikane kap eer vir Trump se skoonseun

Vorige ontvangers van die Orde van die Asteekse Arend is onder andere die Colombiaanse Nobelprys­wenner vir literatuur Gabriel Garcia Márquez en oudpres. Nelson Mandela van Suid-Afrika.
Die besluit van Mexiko se uittredende regering om Jared Kushner, pres. Donald Trump van Amerika se skoonseun, met die hoogste eerbewys vir buitelanders te vereer het ’n storm van kritiek op sosiale media laat losbars.

Kushner, wat as senior adviseur van die Withuis dien, sal tot die Orde van die Asteekse Arend toegelaat word vir sy “betekenisvolle bydrae” tot ’n nuwe Noord-Amerikaanse handelsooreenkoms” in Augustus, sê die Mexikaanse regering in ’n verklaring.

Kushner het gereeld ’n belangrike diplomatieke rol gespeel in Trump se administrasie, waar hy met Mexikaanse en ander buitelandse leiers vergader en gehelp het met die sluiting van ’n transaksie om die 24 jaar oue Noord-Amerikaanse vryehandelsverdrag te vernuwe. Kanada het hom in laat September hierby aangesluit.

Die uittredende pres. Enrique Pena Nieto sal die eerbewys moontlik vandag tydens die G20-beraad in Buenos Aires, in Argentinië, waar wêreldleiers byeen is, oorhandig, haal die Mexikaanse koerant Reformon geïdentifiseerde regeringsbronne aan. Die verwagting is dat die leiers van Mexiko, die VSA en Kanada die verbeterde streekshandelsverdrag ook daar sal teken.

Kushner se verering was die hoofbesprekingspunt op Twitter waar dit lyk asof veral prominente Mexikane dit kritiseer.

LAFHARTIGHEID

“Om die Asteekse Arend aan hom te gee weerspieël ’n uiterste houding van vernedering en lafhartigheid,” het die Mexi­kaanse historikus Enrique Krauze in ’n inskrywing gesê, en opgemerk dat Trump die Mexikaanse migrante tydens sy verkiesingsveldtog in 2016 moordenaars en verkragters genoem het.

Die Mexikaanse akteur Gael García Brenal het geskryf die besluit is “uitermatig skandelik”.

Vorige ontvangers van die Orde van die Asteekse Arend is onder andere die Colombiaanse Nobelprys­wenner vir literatuur Gabriel Garcia Márquez en oudpres. Nelson Mandela van Suid-Afrika.

Die nuutverkose pres. Andrés Manuel López Obrador word Saterdag ingehuldig ná ’n klinkende verkiesingsoorwinning in Julie. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!