Mexiko eis verskoning van Spaanse koning
Die gebied wat nou Mexiko is, was 300 jaar onder Spaanse bewind voor sy onafhanklikwording in die vroeë 19de eeu.
Mexiko eis in 'n brief aan die Spaanse koning en die pous 'n verskoning vir die menseregtevergrype teen Mexikane sowat 500 jaar gelede.
Andrés Manuel López Obrador, president van Mexiko, sê die inheemse mense van dié land was die slagoffers van menseslagtings, berig die BBC.
Spanje het die versoek summier verwerp en gevra vir “'n konstruktiewe perspektief”.
Die gebied wat nou Mexiko is, was 300 jaar onder Spaanse bewind voor sy onafhanklikwording in die vroeë 19de eeu.
In dié tyd was Spanje vurig Rooms-Katoliek en het dit as sy opdrag beskou om dié geloof uit te brei.
Obrador het in 'n video wat hy gemaak het van waar hy by die ruïne van die stad Comalcalco staan, vertel van die briewe wat hy geskryf het aan koning Felipe VI van Spanje en pous Franciskus. Hy het dit op Facebook en Twitter geplaas.
“Daar was massamoorde en onderdrukking. Die sogenaamde oorwinning is deur die swaard en die kruis vermag. Hulle het hul kerke op die inheemse mense se tempels gebou.
'TYD OM TE VERSOEN'
“Dit is tyd om te versoen, maar laat ons eers om verskoning vra,” het Obrador volgens EWN aan die nuusagentskap AFP gesê.
Spanje sê in 'n verklaring: “Die koms van die Spanjaarde 500 jaar gelede in die Mexikaanse gebied kan nie beoordeel word in die lig van hedendaagse oorwegings nie. As twee broedernasies het ons altyd geweet hoe om ons gedeelde verlede sonder kwaad en met 'n konstruktiewe perspektief te hanteer.”
Obrador het later die toneel besoek van die eerste geveg tussen die Spaanse bevelvoerder Hernán Cortés en die destydse inwoners.
Cortés het met perde, swaarde, gewere en die siekte pokke – alles destyds onbekend aan die nuwe wêreld – met minder as 1 000 man die hele Asteekse wêreldryk oorwin, berig The Guardian.
Mexiko is die naasgrootste Rooms-Katolieke land. Die pous het op 'n besoek in 2016 gesê die mense van die land het gely onder eeue se diskriminasie.
“Hoe goed sal dit nie wees vir elkeen van ons om ons eie gewete te ondersoek en om te leer om 'vergewe my' te sê nie?” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie