Meyer se Jewels klap Zambië
Netbal
Limba Mupetami – Afrigter Julene Meyer se Desert Jewels het Zambië gister met 53-34 oorheers op die opwindende tweede dag van die Debmarine Pent-toernooi voor ’n stampvol pawiljoen by die Patrick Iyambo polisiekollege in Windhoek.
Ondanks Zambië se beter posisie op die wêreldranglys (15de) het die buurland geen kans gestaan teen ’n goed georganiseerde vertoning deur Namibië (24ste) nie.
Die Deseert Jewels se voorsprong ná die eerste, tweede en derde kwarte was 13-8, 28-14 en 42-24.
Spelers soos die senter Monica Gomases, doelskieter Anna Kasper en die verdedigers Cornelia Mupenda en Juzelri Garbers het beïndruk.
• In gister se ander wedstryde het Uganda goed gelyk in sy seege met 59-43 teen Malawi 59-43. Vroeër die oggend het Uganda ook ’n wegholtelling van 76-22 teen Zambië opgestapel.
Kenia was Maandag nie betyds in Windhoek om teen Namibië te speel nie en het dié wedstryd met 25-0 prysgegee, voordat Zimbabwe hulle ook gister met 56-46 oorskadu het.
Uganda en Namibië is ná twee wedstryde elk die enigste onoorwonne spanne sover, terwyl Malawi en Zimbabwe elk een uit twee gewen het. Zambië en Kenia is punteloos.
• Vandag: Zimbabwe teen Uganda 12:00; Namibië teen Malawi 16:00; Kenia teen Zambië 18:00.
• Bly by www.sportwrap.my.na op die hoogte van tellings en die puntetabel van die toernooi wat tot Vrydag duur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie