Meyer verwelkom Afrika-toernooie

Vyf spanne kom daag die Desert Jewels volgende week uit.
NAMPA
Namibië se nasionale netbalafrigter Julene Meyer het volle vertroue dat die DebMarine Desert Jewels gereed is vir hul komende deelname aan die DebMarine Pent-reeks, asook die Afrika-netbalkampioenskap wat kort daarna volg.

Netbal Namibië bied beide hierdie toernooie in Windhoek aan, met die Pent-reeks tussen Namibië, Kenia, Malawi, Uganda, Zambië en Zimbabwe wat reeds komende Maandag afskop en tot Vrydag by die Israel Patrick Iyambo polisiekollege in Olympia gespeel word.

Die Afrika-kampioen­skap word by dieselfde venue gespeel en duur vanaf 9 tot 16 November.

Meyer het in 'n onderhoud aan die nuusagentskap Nampa gesê die volledige oefengroep is druk aan die voorberei, hoewel net twaalf spelers uitgesoek sal word om in die toernooi te speel.

“Met die oog op die toekoms wil ons voortgaan om onsself teen die top-12 netballande ter wêreld te meet en om gereeld in internasionale toernooie deel te neem.

“In hierdie twee kampioenskappe op ons tuisbane sal baie graag soveel as moontlik wedstryde wil wen. Dis 'n wonderlike geleentheid om topklas internasionale netbal na Namibië te bring en die plaaslike sport groter blootstelling te gee.”

Meyer sê die span se harde werk op die oefenbaan en met tegniese beplanning verloop vlot en sluit heelwat taktiese kombinasies, stelsels en wedstrydontleding in.

Namibië se openingswedstryd van die DebMarine Pent-reeks is Maandag om 12:00 teen Kenia.

Die aangewese nasionale spelersgroep is:

Doelskieters: Toetsie Tjihero, Nelandre Mostert, Anna Kaspar, Louise Kausehue.

Middelbaanspelers: Monica Gomases, Anna Shipanga, Eve Kamutushi, Jessica Moolman.

Verdedigers: Loide Hanyanya, Cornelia Mupenda, Mwale Mulenamaswe, Juzelri Garbers.

Die reserwespelers is Monique Basson, Ilyn Pura en Zante Farmer.

Die tegniese span is Meyer as hoofafrigter, Antoinette Wentworth en Sunette Burden (hulpafrigter), Maria Mulungu (spandokter) en Operi Tjipuka (spanbestuurder).

– Nampa

FOTO’s
Juzelri Garbers op die verdediging teen Uganda tydens die Spar-uitdaagreeks in Kaapstad vroeër vanjaar.
Nanguloshi Kamutush in aksie teen Uganda tydens die Spar-uitdaagreeks in Kaapstad in Maart vanjaar. Foto Reg Caldecott

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!