Mianmar-weermag hét volksmoord gepleeg – VN
Die twee Reuters-joernaliste wat in Mianmar aangehou word, sal tot aanstaande week moet wag om hul lot te hoor.
Die twee joernaliste van die nuusagentskap is in Desember verlede jaar in Mianmar in hegtenis geneem op klagte dat hulle die land se amptelike veiligheidswet oortree het. Indien hulle skuldig bevind word, kan hulle tot 14 jaar tronkstraf opgelê word.
Wa Lone (32) en Kiaf Soe Oo (28) was besig met 'n ondersoek na die massamoord van die Rohingia-mense en ander mensevergrype deur soldate en polisiemagte in Inn Din, 'n dorpie in die staat Rakhine in die weste van Mianmar, toe hulle aangekeer is.
Hul vonnisoplegging is uitgestel omdat die regter siek is. Die vonnisoplegging sal nou op 3 September geskied.
Dit alles kom te midde van toenemende druk op die regering van die Nobelpryswenner Aoeng San Soe Tsji oor haar veiligheidsmagte se hand in die eksodus van 700 000 Rohingia-vlugtelinge (almal Moslems) uit Mianmar na die naburige Bangladesj.
VERSLAG
Die Verenigde Nasies (VN), wat vroeër reeds die weermagveldtog in Rakhine as 'n handboekvoorbeeld van etniese suiwering beskryf het, het Maandag 'n feitesendingverslag oor dié vlugtelingkrisis uitgereik. Volgens die verslag het Mianmar se weermag met “die voorneme van volksmoord” bendeverkragtings op die Rohingia-Moslems uitgevoer en massamoord gepleeg.
Die ondersoekers voer aan dat die opperbevelhebber en vyf generaals daarvoor vervolg moet word dat hulle dié verskriklike misdade georkestreer het.
Die burgerlike regering van Soe Tsji het haatspraak laat gedy, dokumente vernietig en nie daarin geslaag om die minderheid teen dié misdade teen die mensdom en teen die oorlogsmisdade deur die weermag in die Rakhine-, Katsjin- en Sjan-staat te beskerm nie. Sodoende het die regering “tot die uitvoering van gruweldade bygedra”, lui die verslag.
Die VN se veiligheidsraad sou ook 'n nuuskonferensie oor Mianmar hou.
Mianmar ontken enige aandeel in die moorde, verkragting en brandstigting waarvan hulle deur die Rohinga-vlugtelinge beskuldig word en voer aan dat hulle 'n wettige teenaanslag teen Moslem-militante gevoer het. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie