Michelle en kie weer in hof
Die hofsaak waarin die trustees van die Michelle McLean Kindertrust (MMCT) die voormalige direkteur van die trust, mnr. Danie Botes, dagvaar en Botes op sy beurt die trustees dagvaar, het vanoggend in die Windhoek hoërhof hervat. Op versoek van Botes se regspan is die saak tot vanmiddag 14:15 uitgestel.
In die eerste deel van die verhoor vroeër vanjaar is bondels vuil wasgoed in die openbaar gewas met oor-en-weer-beskuldigings van selfverryking en ongeoorloofde onttrekkings van trustgelde.
Die drie trustees, Michelle McLean, me. Conny Maritz en mnr. Nic Kruger, dagvaar Botes vir ‘n bedrag van N$7,7 miljoen, terwyl Botes op sy beurt N$14 miljoen van hulle eis. N$12 miljoen hiervan is vir die skade wat hy gely het toe sy diens by die trust in September 2013 beëindig is. Hy eis ‘n verdere N$2 miljoen se pensioengeld wat hy beweer die trust versuim het om in sy pensioenfonds in te betaal.
Die trustees voer op hul beurt aan dat Botes homself ten bedrae van N$6,7 wederregtelik verryk het deur geld wat hom nie toegekom het nie, aan die trust te onttrek. ‘n Verdere N$1 miljoen word geëis vir die mislukte Lawsure-transaksie.
Op die foto (van links) is McLean, Namibië se voormalige Mej. Heelal, Maritz en Kruger vanoggend in die hof.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie