Michelle McLean-verhoor uitgestel
Michelle McLean-verhoor uitgestel

Michelle McLean-verhoor uitgestel

Estelle de Bruyn
Die aansoek om uitstel van die saak tussen die voormalige direkteur van die Michelle McLean Kindertrust, mnr. Danie Botes, en die trustees van die trust, Michelle McLean-Bailey, me. Conny Maritz en mnr. Nic Kruger, is deur die hof toegestaan.
Die trustees is beopdrag om binne 15 dae alle dokumente wat nog nie blootgelê is nie, aan die eiser (Botes) se regspan beskikbaar te stel.
Die hofverrigtinge is uitgestel vir 'n toekomstige datum wat nog bepaal moet word.
Botes dagvaar die trustees vir 'n bedrag van N$14 miljoen omdat sy dienste by die trust in September 2013 beëindig is. Die trustees dagvaar Botes vir N$7,7 miljoen.
McLean het Vrydag van Amerika af, waar sy nou woon, in Namibië aangekom, die naweek by haar ouers op Swakopmund deurgebring en was gister en vandag in die hof vir die verrigtinge.
Botes word deur senioradvokaat Cassie Badenhorst van Suid-Afrika en adv. Deon Obbes verteenwoordig. Die MMCT se trustees word deur senioradvokaat Jean Marais en adv. Esi Schimming-Chase verteenwoordig. Regter Thomas Masuku in op die bank.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!