Michelle Obama bevorder onderrig vir meisies
Michelle Obama bevorder onderrig vir meisies

Michelle Obama bevorder onderrig vir meisies

Estelle de Bruyn
Die gade van die Amerikaanse president, Michelle Obama, het Marokko besoek om onderrig vir meisies in die Noord-Afrikaanse koninkryk te bevorder, waar net 36 persent meisies met skoolonderrig ná die laerskoolvlak voortgaan.
Obama is deur die presidentspaar se dogters, Sasha and Malia, vergesel vir die geleentheid Dinsdag ter bevordering van die veldtog “Meisies moet leer”. Die aktrises Meryl Streep en Freida Pinto, albei voorstanders van onderrig vir meisies, was saam.
Hulle het onder meer die struikelblokke ondersoek wat meisies in die streek verhinder om volle toegang tot onderrig te kry.
Marokko vaar swak in die streek wat leesvaardighede betref, met ’n 67 persent geletterdheid volgens die jongste Unicef-statistiek. Die geletterdheid van jong Marokkaanse vroue is 74 persent teenoor die 88,8 persent van jong mans. Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer