Microsoft weer meer werd as Google
Microsoft weer meer werd as Google

Microsoft weer meer werd as Google

Google buig vir die eerste keer in drie jaar weer die knie voor Microsoft.

Bill Gates se maatskappy het Google in die laaste paar dae verbygesteek in markwaarde om die derde waardevolste onderneming op aarde te word.

Microsoft word nou op US$753 miljard gewaardeer terwyl Google effens teruggesak het tot US$739 miljard. Dié ommeswaai sal waarskynlik net tydelik wees.

Apple en Amazon oorheers steeds die eerste en tweede posisies met markwaardes van onderskeidelik US$923 miljard en US$782 miljard.

Google het Microsoft in 2012 vir die eerste keer verbygesteek op grond van markwaarde, maar die vervaardiger van rekenaarprogrammatuur het in die laaste vyf jaar 'n ommeswaai beleef ná die aftrede van Steve Ballmer, sy voormalige uitvoerende hoof, in 2013.

Sedert Satya Nadella 'n jaar later oorgeneem het, het Microsoft se aandeelprys skerp gestyg en die maatskappy se markwaarde 'n stewige hupstoot gegee.

Onder Nadella se leiding het Microsoft sy aanbod uitgebrei van rekenaarprogrammatuur en -bedryfstelsels tot wolktegnologie, kunsmatige intelligensie sowel as kwantumtegnologie.

In sy jongste kwartaalverslag sê Microsoft 'n derde van sy inkomste word gegenereer uit sy Windows-bedryfstelsel terwyl sy wolktegnologie, waaronder One­Drive, en sy reeks Office-produkte die grootste bydrae lewer.

Ontleders meen die maatskappy se inkomste uit wolktegnologie kan binne die volgende paar jaar verdubbel, wat die maat­skappy se markwaarde uiteindelik tot meer as US$1 000 miljard kan opstoot.

Microsoft se aandeelprys is tans net minder as US$100 teenoor Google wie se aandele tans teen meer as US$1 000 verhandel.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!