Mielieboere kon eindelik plant
Trekkers val vas en jong mielies wil versuip, maar boere in die land se sterkste mielieproduserende gebied kon uiteindelik begin plant.
Elvira Hattingh – Terwyl die meeste boere in die Mieliedriehoek die afgelope week mielies kon begin plant, het swaar, onophoudelike reën veroorsaak dat heelwat minder hektare geplant is, terwyl diegene met jong plantjies nou teen versuiptoestande moet veg.
Mnr. Gernot Eggert, voorsitter van die Akkerbouprodusente-vereniging (APV) het gister aan Republikein gesê boere in dié gebied bly dankbaar vir die reën, maar “dit is heeltemal té nat.”
“Aan die begin is dit pret om met 'n trekker vas te val en dit uit te trek, maar ná 'n paar keer raak die produsente moedeloos. Sodra jy begin plant en daar kom weer 'n groot reënbui, staan die werk weer.
“Die onkruidbeheer raak ook 'n al hoe groter probleem. Dis ook nie goed om die grond só nat te bewerk nie, ons kompakteer dit en dit veroorsaak langtermynskade en spoelspore,” het hy gesê.
Hy sê boere wat vroeër geplant en tans klein mielieplantjies het, sukkel met versuiptoestande en geelmielies wat son en bemesting benodig.
“Die meerderheid produsente in die driehoek tussen Tsumeb, Otavi en Grootfontein hét egter kans gekry om te plant, maar het hektare afgeskaal en hulle gaan ook nie meer vol plant nie,” het Eggert gesê.
“Ek is egter nie deel van 'dié meeste' nie, ek is deel van dié wat Sondagnag nog 'n groot reënbui gehad het. Vandag is darem 'n sonskyndag,” het hy gesê.
Eggert sê die mielies se ontkieming is tans ook heelwat stadiger weens die koel en nat toestande in die Mieliedriehoek.
“Gewoonlik kom die eerste mieliepunte ná sowat vyf of ses dae in warm toestande uit, nou neem dit tot tien dae,” het hy gesê.
“Ons ervaar dinge nou soos mense in koeler, nat lande en dis 'n belewenis,” het hy bygevoeg.
NOG REËN OP PAD
Intussen sê die Namibiese weerkantoor dat die grootste dele van Namibië oor 'n week, tussen 8 en 14 Februarie, weer reën sal begin ontvang, met uitsondering van die Namib-woestyn.
Terselfdertyd word voorspel dat reën vandeesweek steeds oor die verre noordoostelike dele van die land sal voortduur, terwyl die noordelike streke snikhete weer kan verwag.
Bewolkte toestande sal reeds vandeesweek oor die meeste dele van Namibië voorkom, het die weerkantoor se hoofweertegnikus, mnr. Odillo Kgobetsi, gister aan Republikein gesê.
Intussen het die Omatakodam die sewende nasionale dam geword om in die afgelope reënseisoen te begin oorloop, terwyl beide die Hardap- en Nautedam se sluise ook reeds getrek moes word.
Die Swakoppoortdam (tans 99,4%), Friedenaudam (99,7%), Goreangabdam (100,8%), Daan Viljoendam (90,8%), Neckartaldam (100,2%) en Oanobdam (100%) het almal reeds oorgeloop.
Terselfdertyd is die Hardapdam weer 72% vol, terwyl die Von Bachdam en die Omatakodam ook die afgelope week 'n inloop van water gehad het en nou onderskeidelik 90,7% en 101,5% vol is. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie