Mielieboere plant, al is reën nog min
Die hoeveelheid reën wat teen die week van 14 Januarie geval het, gaan vir droëland-mielieboere bepalend wees.
Ronelle Rademeyer – Trekkers dreun op lande in die mieliedriehoek tussen Otavi, Grootfontein en Tsumeb nadat sommige plase die afgelope tien of wat dae neerslae van tussen 50 en 60 mm reën gehad het.
Mnr. Gernot Eggert, voorsitter van die Akkerbouprodusentevereniging (APV), het gister gesê die reënval was in Desember skraps en baie min boere kon toe al plant.
“Die natter, koeler toestande die eerste week in Januarie het ons gered. Die ideaal is om te wag tot ons 100 mm in die grond het en tot dusver het die meeste boere maar so 50 tot 60 mm reën gehad.”
Anders as in die meeste mielieverbouingsgebiede in Suid-Afrika waar boere net tot einde Desember kan plant om te verhoed dat die eerste ryp voorkom voordat die oes af is, het Namibiese boere effe meer speling.
Eggert sê hoewel Desember ook in Namibië die ideale planttyd is, kan boere nog tot die einde van Januarie plant. “Daar is egter boere wat weet die ryp kan hulle vroeër as vir ander boere raak en daarom moet hulle vroeër klaar plant.”
Hy sê die week van 14 Januarie gaan vir droëland-mielieboere bepalend wees. “As ons teen dan genoeg reën gekry het, sal die manne meer lande plant.”
Eggert sê hy het self nog net so kwart van sy lande geplant en glo as toestande verbeter, sal boere groter hoeveelhede plant.
Hy meen egter aangesien boere die plantperiode van middel-Desember gemis het, nie almal vanjaar al hul lande sal plant nie.
Me. Elize van Niekerk, 2018 se Meesterakkerbouer wat by Summerdown met mielies boer, sê sy het nog net 30 hektaar van haar beoogde 80 hektaar droëlandmielies geplant. “Die reën is laat vanjaar. Ek staan op 58 mm vir die seisoen. My beplanning is om 80 hektaar se droëlandmielies te plant, maar as ek teen 15 Januarie nie genoeg reën daarvoor gehad het nie, sal ek liewer net akkerbone plant.”
Van Niekerk het ook sowat 30 hektaar mielies onder besproeiing.
Intussen het kleinboere in die Kavango- en Zambezistreek ook baie onlangs eers begin plant, sê dr. Fidelis Nyambe Mwazi, uitvoerende hoof van die Akkerbouraad.
Hy die reën was ook in dié streke laat. In die kommunale boeregebiede van die sentrale Noorde lyk die situasie nog baie sleg en kon baie min boere al begin om mahangu te plant.
“Die eerste reën het eers aan die einde van Desember begin val,” sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie