Mieliedriehoek kry goed reën
Ná goeie neerslae die afgelope sowat twee weke in die Sentrale Noorde, sien droëland-mielieprodusente uit na ''n belowende plantseisoen.
Ronelle Rademeyer en Elvira Hattingh
Danksy goeie neerslae sedert die begin van November in die mieliedriehoek tussen Otavi, Grootfontein en Tsumeb, dreun trekkers reeds op verskeie plase ter voorbereiding op die plantseisoen.
Mnr. Gernot Eggert, voorsitter van die Akkerbouerprodusentevereniging (APV), sê oor die algemeen het die kommersiële mielieprodusente in dié gebied neerslae van nagenoeg 20 mm tot soveel as 80 mm gerapporteer.
“Dié ouens wat al 30 tot 40 mm reën en meer gehad het, kon begin om hul landerye vir die planttyd voor te berei. Die boere wat minder ontvang het, bly hoopvol dat hulle ook binnekort kan begin voorberei,” sê hy.
Volgens hom kan die boere begin plant wanneer 100 mm en meer reën geval het. “Dit is hoeveel plantvog ons nodig het.”
Die eintlike planttyd vir dié omgewing is vanaf die begin van Desember tot so middel Desember, sê hy.
Eggert self het op een gedeelte van sy plaas 60 mm gemeet en op die ander gedeelte 35 mm. Hy boer naby Otavi.
Mnr. Cobus Grobler, wat in die middel van die mieliedriehoek boer, het op Namibië Boere se Facebook-blad laat weet hy het Woensdag 60 mm reën gekry. Volgens hom is die gronddamme op sy plaas reeds omtrent 70% vol water.
Mnr. Kai-Uwe Tietz wat noord van Tsumeb boer, het ook foto''s op dié blad geplaas van ''n harde bui reën vroeër die week op sy plaas.
Intussen sê Eggert hoewel boere baie hoopvol is oor die seisoen wat voorlê, is baie van hulle se kontantvloei sodanig onder druk dat hulle nie op al die hektaar tot hul beskikking sal kan plant nie.
“Verder is daar ouens hier wat weens die droogte hul plase moes verkoop en ons weet nie of die nuwe eienaars vanjaar gaan plant nie.”
Hy sê dié boere wat ''n groot aantal hektaar se mielies plant, het weens die droogte verliese van miljoene Namibiese dollar gely.
Volgens hom was die koeponne wat as ''n vorm van droogtehulp in Februarie vanjaar aan boere beskikbaar gestel is, net genoeg vir 50 ha se saad en kunsmis.
“Dié akkerbouers wat nie met vee ook boer nie en net gewasse verbou, se saaigronde is tussen 200 en 300 hektaar groot. Dit beteken die droogtesubsidie vergoed vir ''n sesde van die verliese wat produsente gely het,” sê Eggert, en voeg by dit het ook nie vir uitgawes soos arbeid, diesel, onkruiddoders en pesbeheer voorsiening gemaak nie.
Ander reënvalsyfers
Volgens die reënvalsyfers op Hitradio Namibia se Facebook-blad, is 6 mm gisteroggend op die plaas Okomumbonde naby die Waterberg gemeet, by die Waterberg self 5,5 mm en 1,5 mm by Oshaambelo suidoos van Ruacana.
Die amptelike reënvalsyfers van die Namibiese weerdiens wys die hoogste neerslae tussen 9 en 13 November, is by Grootfontein (31, 8 mm), Mpacha-lughawe (18,4 mm) en Ondangwa (15,4 mm) gemeet. Dié diens se reënval-bulletin op www.meteona.com is nie sedertdien met nuwe reënvalsyfers opdateer nie.
Res van seisoen
Namibië kan normale tot bo-normale reën vanaf Desember tot Januarie en minder reën daarna tot in April verwag, wys die jongste vooruitskouing.
Die ministerie van werke en vervoer se meteorologiese dienste het vandeesweek ''n seisoenale reënvooruitskouing vir die komende reënseisoen uitgereik, waarvolgens ''n swak La Niña na verwagting tydens die somermaande sal ontwikkel. Ongelukkig sal ENSO-neutrale toestande na verwagting tydens die laaste maande van die reënseisoen oorneem, wat tot verminderde kanse op reën kan lei.
Gevolglik word normale tot onder-normale reën vanaf Februarie tot April 2017 verwag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie