Mieliemeel goedkoper
Mieliemeel goedkoper

Mieliemeel goedkoper

Namibië behoort nie ‘n tekort aan mieliemeel te ervaar nie, ongeag ‘n swak oes van witmielies in 2019.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die prys van al Namib Mills se mieliemeelprodukte is gister met 8% verlaag.

Dit is 'n goeie tyd vir dié prysverlaging, sê die maatskappy se senior handelsmerkbestuurder, me. Marné Bouwer, in 'n nuusverklaring, aangesien verbruikersbesteding daal terwyl huishoudelike skuldvlakke klim.

Dié nuus volg nadat die Namibiese oes van witmielies ten volle benut is en witmielies voorts van buurlande soos Suid-Afrika en Zambië af ingevoer sal word.

Bouwer verduidelik Namib Mills sal mielies voorts vanuit die streek aankoop, wat teen laer korttermynpryse bekom word. Dienooreenkomstig word mieliemeel se pryse vir die verbruiker verlaag.

Bouwer het verduidelik weens 'n verwoestende droogte die afgelope seisoen was 2019 se plaaslike oes van 30 662 ton witmielies 46% minder as verlede jaar se 56 421 ton.

Dit is ook minder as 2017 se rekord­oes van 76 660 ton witmielies.

“Namib Mills ondersteun Namibiese produsente graag en sal altyd eers plaaslike mielies opkoop voor ons begin invoer om tekorte aan te vul.

“Namibië benodig egter jaarliks sowat 120 000 ton witmielies vir mens­like gebruik. Ongeag die veel kleiner oes in 2019 sal die Namibiese verbruiker geen tekort aan mieliemeel ervaar nie. Enige plaaslike tekort sal maklik aangevul kan word met invoere vanuit Suid-Afrika en Zambië,” het sy verduidelik.

Bouwer sê nog opsies is om witmielies van Amerika af in te voer, sou Suider-Afrika tekorte ervaar.

“Tekorte is egter onwaarskynlik omdat Suid-Afrika 11 miljoen ton witmielies in 2019 geoes het en 'n surplus voorraad oorhet.”

Sy sê die mieliebedryf word deur die regering gesteun deur Namibiese meulens te verplig om eers plaaslike produksie op te koop voor witmielies ingevoer kan word.

“Dit is belangrik dat plaaslike produksie steun geniet omdat dit verseker die Namibiese dollar sirkuleer binnelands en ons geldeenheid word ingespan om die plaaslike ekonomie te bevorder.

Namib Mills se uitvoerende hoof, mnr. Ian Collard, het voorheen gesê hulle handhaaf 'n korrelasiekoëffisiënt van 94,5% tussen die mielieprys en hul produkte.

Dit beteken prysstygins en -verlagings word doeltreffend na die verbruiker deurgevoer. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!