Mielieoes tot 19% laer as verwag
Suid-Afrika gaan na verwagting vanjaar ’n kleiner as verwagte mielieoes hê nadat droë weer aanplantings vertraag het, sê die landbousakekamer Agbiz.
Omdat die saad later in die grond gekom het, loop dit nou ook die gevaar van rypskade aan die einde van die seisoen.
Agbiz het ’n mielieoes van 12,2 miljoen ton verwag.
Ná laat somerreën het boere in die Vrystaat en Noordwes die optimale saaityd van middel Desember gemis, het Agbiz gister in ’n verklaring gesê.
Teen 11 Januarie was slegs 60% van die beplande oppervlak in Noordwes gesaai, met 70% in die Vrystaat. Ander gebiede het wel daarin geslaag om die normale oppervlaktes te saai.
Dit doen aan die hand dat die beplande saai-oppervlak van 2,44 miljoen hektaar in 2019 met sowat 19% sal val tot 1,98 miljoen hektaar, sê mnr. Wandile Sihlobo, hoof van landbounavorsing van Agbiz, in die verklaring.
“Dit sal amper in ooreenstemming wees met die oppervlakte wat in die droogte van die 2015-’16-produksiejaar beplant is. Suid-Afrika se mielieproduksie was toe 7,8 miljoen ton. Die land het ’n netto invoerder geword aangesien sy jaarlikse mielie-aanvraag sowat 10,8 miljoen ton is,” sê Sihlobo. –Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie