Mielies verdor op lande
Terwyl die reën wegbly, loop die uurglas uit vir mielieboere om voor die einde van Januarie te plant.
Ronelle Rademeyer - Namibië se droëlandprodusente in die Mieliedriehoek by Otavi, Tsumeb en Grootfontein asook by Summerdown vrees as dit nie binne dae reën nie, ’n goeie mielieoes nie vanjaar haalbaar gaan wees nie.
“Die ouens is baie gefrustreerd. Dis diep in die planttyd. Baie boere het die seisoen vroeg geplant met min vog in die grond omdat goeie reën vir ons voorspel is. Nou staan daardie mielies en blou word op die lande.
“Ons het dringend reën nodig,” sê mnr. Gernot Eggert, voorsitter van die Akkerbouprodusentevereniging (APV).
“Die ouens se gemoedstoestand is nie goed nie – die risiko is baie hoog,” sê hy.
Volgens Eggert is die mielies nou maar eers kniehoogte. “Dit sou baie hoër gewees het as die reën nie weggebly het nie.”
Mnr. Roelie Venter, uitvoerende bestuurder van die Namibië Landbou-unie (NLU), het gister in ’n onderhoud op Agri Monitor, Republikein se aanlyn landbouprogram, gesê sowat ’n derde van die beskikbare droëland hektare in die Mieliedriehoek en in die omgewing van Summerdown is reeds geplant.
Hy, net soos Eggert, is bekommerd daaroor dat die tyd uitloop vir produsente om saad in die grond te kry op dié lande wat nog nie geplant is nie.
Tradisioneel word die laaste week in Januarie as die einde van planttyd beskou.
Eggert sê alle hoop is op voorspellings wat daarop dui die reënprentjie behoort van die naweek af te verander, met goeie neerslae wat in die tweede helfte van Januarie oor die grootste deel van die land verwag word.
Aangesien akkerbouers se insetkoste in die 2021 skerp gestyg, is hul risiko vanjaar ook hoër. Diesel is veel duurder as in die vorige plantseisoen en so ook insette soos kunsmis.
Die pryse van grondstowwe soos stikstof (N), fosfaat (P) en kalium (K) wat in die vervaardiging van kunsmis gebruik word, het die afgelope paar maande skerp gestyg.
“Kunsmis maak sowat 30% van die meeste produsente se kostemandjie uit en daardie komponent sal nou tot 40% styg. Brandstof was die vorige seisoen 10% van ons insetkoste en dit gaan in die nuwe plantseisoen styg tot in die omgewing van 15% van ons koste,” het Eggert in November gesê toe Republikein hom oor die impak van die stygende insetkoste op die huidige plantseisoen gevra het.
IN RSA VERSUIP MIELIES
Intussen het verwoestende haelbuie en swaar reën Desember oor dele van die Vrystaat meegebring dat landbouliggame in dié mielieprodusende provinsie in Suid-Afrika versoek het sekere streke moet tot rampgebied verklaar word.
Netwerk24 het berig die baie reën tot nou toe en die vooruitsig van nog abnormale hoë neerslae het die Vrystaatse graanboere in ’n krisis gedompel.
Vrystaat Landbou (VL), sowel as TLU SA, het verlede week gevra sekere dele moet tot rampgebied verklaar word, lui die berig.
– [email protected]
FOTO
Droëland-mielieboere is baie bekommerd oor die reën wat wegbly. 'n Derde van die hektare is vroeg geplant, maar dié mielies verdor terwyl die tyd uitloop om vanjaar nog mielies te plant. Foto ter illustrasie

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie