Mighty Gunners neem voortou
Die grootste wenner van die afgelope naweek was Julinho Sporting wat van die 13de tot die vyfde posisie opgeskuif het.
Tielman van Lill
Die tweede ronde van die Namibiese Sokkervereniging se MTC FNB Namibië Premierliga (NPL) is Sondag afgehandel met agt wedstryde in verskeie sentra wat 'n beskeie 19 doele opgelewer het, waarvan tien deur die seëvierende spanne behaal is.
Vier van die botsings het gelykop geëindig, naamlik tussen Tura Magic en Blue Waters (0-0), Citizens teen Unam (2-2), Tigers teen Orlando Pirates (1-1) en Young African teen Life Fighters (0-0).
Die vier spanne wat elk drie wenpunte kon byvoeg, was Black Africa teen Okahandja United (1-0), Mighty Gunners teen Young Brazilians (4-2), Eleven Arrows teen African Stars (1-0) en Julinho Sporting teen Civics (3-2).
Vreemd genoeg het African Stars laas seisoen ook beide ontmoetings teen Eleven Arrows verloor, maar het nogtans die liga gewen.
Julinho Sporting van Rundu wat in die 2018/19-seisoen sy derde kans in die uitgelese geselskap van die NPL kry, het naas Gunners van Otjiwarongo die meeste doele behaal om hom in dié vroeë stadium onder die voorste ses spanne te bevind.
Die grootste verloorders was Okahandja United wat vier posisies, van negende tot 13de, getuimel het terwyl African Stars, die verdedigende NPL-kampioen, se glips teen Arrows hom van tweede tot vyfde laat terugsak.
Behalwe Julinho wat 'n paar jaar gelede vir twee seisoene in die NPL kon meeding, is die Brazilians en Okahandja die nuwelinge wat vanjaar hul eerste proesel premierliga-sokker smaak.
Dié twee groentjies wat onderskeidelik van Karasburg en die tuindorp noord van Windhoek afkomstig is, het gemengde sukses in hul eerste twee kragmetings behaal. Die Brazilians het hul eerste wedstryd met 1-0 teen Blue Waters beklink, maar moes Sondag sien hoe die ervare Gunners vier doele teen twee doele inryg.
Okahandja United speel gelykop (1-1) in sy debuutwedstryd teen Tigers, maar was Sondag gelukkig om met net een doel teen Black Africa die knie te buig.
'n Groot teleurstelling bly die onvermoë van Pirates om hulself reg te ruk. Die Seerowers se 16de posisie ná twee wedstryde sal 'n bitter pil vir hul ondersteuners wees. Pirates het ook in die vorige seisoen met rukke en stote gespeel en het 'n loesing (3-1) in sy eerste uitstappie op die lyf geloop terwyl sy gelykopstryd teen Tigers ook nie beïndruk het nie. Indien die eens trotse klub nie sy sokkies optrek nie, kan hy aan die einde van die huidige NPL-seisoen sy sokker in 'n laer liga speel.
Puntestand ná twee wedstryde elk:
1 Mighty Gunners (3 op): 2 gewen, doelverskil 5-2, 6 ligapunte.
2 Black Africa (1 op): 2 gewen, doelverskil 2-0, 6 punte.
3 Tura Magic (2 af): 1 gewen, 1 gelykop, doelverskil 3-1, 4 punte.
4 Eleven Arrows (4 op): 1 gewen, 1 gelykop, doelverskil 2-1, 4 punte.
5 Julinho Sporting (8 op): 1 gewen, 1 verloor, doelverskil 3-3, 3 punte.
6 African Stars (4 af): 1 gewen, verloor 1, doelverskil 1-1, 3 punte.
7 Young Brazilians (2 af): 1 gewen, 1 verloor, doelverskil 3-4, 3 punte.
8 Citizens (2 af): 2 gelykop, doelverskil 3-3, 2 punte.
9 Tigers (1 op): 2 gelykop, doelverskil 2-2, 2 punte.
10 Young African (1 op): 2 gelykop, doelverskil 1-1, 2 punte.
11 Civics (4 af): 1 gelykop, 1 verloor, doelverskil 3-4, 1 punt.
12 Unam (3 op): 1 gelykop, 1 verloor, doelverskil 2-3, 1 punt.
13 Okahandja United (4 af): 1 gelykop, 1 verloor, doelverskil 1-2, 1 punt.
14 Blue Waters (2 af): 1 gelykop, 1 verloor, doelverskil 0-1, 1 punt.
15 Life Fighters (1 af): 1 gelykop, 1 verloor, doelverskil 0-1, -1, 1 punt.
16 Orlando Pirates (onveranderd): 1 gelykop, 1 verloor, doelverskil 2-4, 1 punt.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie