Migrante op VSA-grens is u2019n u2018humanitu00eare rampu2019
Migrante op VSA-grens is u2019n u2018humanitu00eare rampu2019

Migrante op VSA-grens is ’n ‘humanitêre ramp’

Die migrante vlug weens geweld, werkloosheid en armoede en hoop om ’n heenkome in Amerika te vind.
Die burgemeester van die Mexikaanse stad Tijuana, aan die grens met Amerika, het ’n humanitêre krisis verklaar weens die bykans 5 000 Sentraal-Amerikaanse migrante wat hier gestrand is. Juan Manuel Gastelu, die burgemeester, het die Verenigde Nasies om hulp gevra, berig The Guardian.

Rene Vazquez (60), ’n inwoners van Tijuana wat as vrywilliger werk by die sportstadion waar die migrante uitkamp, sê Mexiko se federale regering het die probleem geïgnoreer en die migrante die afgelope weke toegelaat om deur die land te trek sonder dat hulle gestop is.

Die migrante, waarvan die meeste uit Honduras kom, vlug weens geweld, werkloosheid en armoede en hoop om ’n heenkome in Amerika te vind. Hulle kan egter maande lank in Tijuana gestrand wees voordat hulle kans kry om met ’n Amerikaanse amptenaar te praat.

Daar is ook kommer oor die veiligheid van die migrante in Tijuana, veral dié van die kinders. Die Mexikaanse dinkskrum Seguridad Justicia y Paz beskryf Tijuana as die vyfde mees gewelddadige stad in die wêreld in 2017, met ’n hoër moordkoers as die Sentraal-Amerikaanse stede waarvan die migrante vlug, berig Reuters. Pres. Donald Trump van Amerika het ook gedreig om die grens met Mexiko heeltemal te sluit omdat “Mexiko beheer oor die situasie verloor het”.

Gastelum het vroeër in die week gesê dit kos die stad meer as $25 000 per dag om die migrante te help. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!