Migrasie as middel tot landelike groei
Verarming van kleinboere wek kommer
Dr. Kobus Laubscher
Die wêreld is aangegryp deur die omvang en gepaardgaande ellende van migrasie en die statistiek van menslike ontberings spreek vanself.
Die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) raam dat nagenoeg 1 miljard mense sedert 2000 gemigreer het. Nie almal het hul lande van oorsprong verlaat nie, maar dié syfer word op meer as 41% geraam.
Die slegte nuus is dat ’n derde van die internasionale migrasie jeugdiges tussen die ouderdomme 15 tot 34 was, en 40% was vroue. Die goeie nuus is dat ’n geraamde 40% van die verdienstes van die migrante na die landelike gebiede van oorsprong terugvloei.
Verskuiwings van mense binne en oor landgrense het dus ’n positiewe kant ook, maar wat is die oorsake? Die afwesigheid van voedselsekuriteit en gebrekkig vooruitsigte ten opsigte van herstel, landelike armoede, beperkte inkomstebronne, omgewingsagteruitgang en sosiale aspekte soos gesinsgroottes en kulturele opvattings is van die hoofoorsake van verskuiwings volgens die FAO.
Laasgenoemde se navorsing wys vervolgens ook op die voordele van hierdie verskuiwings en hieronder tel verhoogde produktiwiteit, inkomstestabiliteit omdat ’n deel van die bemagtiging afkomstig is van bronne van buite, nuwe kundigheid wat deur die emigrante teruggeploeg word saam met beleggings in die omgewing en les bes, minder mense wat van die grond afhanklik is. Logieserwys is daar ook nadele waaronder die afhanklikheid van inkomste van diegene wat migreer het, verlies aan werkers met meer vir die minder om te doen, breinkrag wat verlore is en dan ’n interessante waarneming: Vanweë die vergoeding wat emigrante terugstuur van plek van oorsprong en wat as sodanig die inkomstebasis van die gebiede versterk/ondersteun, ontstaan daar oor ongelykhede ten opsigte van inkomste.
Die situasie plaaslik
Plaaslike ervaring ondersteun die FAO se standpunte. Landelike gemeenskappe se afhanklikheid van die migrante se geld wat terugvloei, is onderstreep deur die afname in die vraag na ou ooie in die Karoo tydens die stakings van mynwerkers.
Geld vanaf die mynwerkers het dermate opgedroog dat hul gesinne nie in staat was om aktief te leef uit die koop van ou ooie nie. Die gevolge is skrikwekkend, want dit lei daartoe dat meer mense die landelike gebiede op soek na inkomste moet verlaat.
Die voordele van dié gedwonge verskuiwings is bespreek, maar die negatiewe vanweë onbekostigbare verstedeliking en gepaardgaande sosiale ontwrigting is progressief.
Die FAO se navorsing word verder gesteun deur vergelykbare ervarings in suidelike Afrika wat bekend is vir die toevloei van mense uit die arm lande. Die belangrikste is egter die verwagte prestasie van landbou in werkskepping te midde van nasionale ontwikkelingsplanne. Al hierdie planne plaas klem op die verhoogde vermoë van landbou om meer mense in diens te neem, maar die statistieke wys op die teendeel.
Landbou verloor werkgeleenthede en die werklike oorsake word oor die hoof gesien. Arbeid en kapitaal is twee komplementerende hulpbronne, maar kapitaalintensiewe ontwikkeling lei noodwendig tot werkverliese.
Die debatte oor die noodsaaklikheid van veranderde arbeidswetgewing is oorbekend, maar solank as wat arbeid in die landbou onproduktief is ten opsigte van koste en uitset, sal daar nie meer werkgeleenthede kom nie. Hiermee word nie betoog vir hongerlone nie, maar ’n bedeling wat komplementariteit vooropstel.
Werkloosheid is op ’n glybaan in die verkeerde rigting en kenners sien nie lig tensy daar drastiese veranderings ten opsigte van beleid is nie. Die voorgestelde nasionale minimumloon kan die spreekwoordelike spyker in die doodskis word.
Die nuutste neiging is om die werklike beeld van stygende werkloosheid kosmeties te poets deur mense sonder werk anders te tel. Landbou sou kwansuis meer werkgeleenthede skep deur die groot aantal kleinboere wat in die landbou doenig is. Dié statistieke kan beleidmakers egter op ’n dwaalspoor sit as daar by die verarming van dié groepe boere verby gekyk word.
Hulle is uitgelewer en aangewese op die staatskas en sodoende tekenend van ’n nuwe vorm van toelaagafhanklikheid. Dit is allermins wat bedoel word met werkskepping in die landbou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie